Archive for the ‘Uncategorized’ Category

Snotterige Vrydag……

200411190214180hcweekendbegin.jpg

Ek het n vieslike snotsiekte-maar ek gaan nie dat dit my vol naweek spoil nie……was gister af siek gewees.Gaan vanaand Robbie Wessels kyk,môre gaan ek en klomp pelle Biltongfees toe,Nicholas Louw,Zak v Niekerk,Thys die Bosveldklong en Nadine tree daar op en nog n paar locals……Sondag is dit weer potjie by mamie en papie-om nog goed oor die troue te bespreek,ek het die week my materiaal gaan koop-you must see the lime green…..its a f#*king beauty-ek kan eenmaal nie wag om te sien hoe dit saam met die wit satyn gaan lyk nie.Daar is 7 weke oor en ek begin al bietjie stres…..

 Hoop almal het n kickass weekend…..

troedelkies

xxxxxx

Opgedra aan Maccy….

Ek was die naweek weer vlugtig Swakopmund toe-vir my twin se baby shower…..en loop toe weer vir Maccy raak-hy is eintlik Henri,maar ek het hom maccy genoem……en vandag se post is opgedra aan hom…

Ek het in Swakop gewerk by motorhandelaar…..sy ma het saam met my gewerk en ons twee het van die begin af gekliek…..ek was nig maar net n paar mande klaar met skool en hy was in sy matriek jaar……Linda(sy ma)het my op gereelde basis gevra om hom gou by die eksamens te gaan drop of op te laai…..en so het ons twee ontmoet.Teen daai tyd was ek en Linda al baie close vriendinne..sy was soos my ouer suster….ons het baie goed saam gedoen en ek het gereeld by hulle huis gekom…..ek en maccy het al hoe meer saam begin hang en dinge gedoen….ek het soos n kind begin raak in hulle huis…..Ine(die sussie)was n pragtige entjie mens…ek was weer vir haar n suster wat sy nie gehad het nie.

Ek en Maccy was later so dat ons elke in mekaar se geselskap was na werk,lunchtye,naweke……omtrent altyd….ons het saam uitgegaan,saam gefliek,saam ge-eet,saam gegym…..ons lewens het basies om mekaar gedraai…….ons was altyd saam en so het n wonderlike vriendskap begin…..ons het alles met mekaar gedeel-ons het mekaar aangevul….ek vir hom en hy vir my……ons was geen sins romanties verbind nie,maar ek het nie n need gehad vir n kerel nie en hy ook nie vir n meisie nie…..ons was alles vir mekaar……ek weet nie hoe om dit te beskryf nie…die vriendskap wat ons gedeel het nie….alles was altyd spesiaal saam met hom….al het ons net tv gekyk…..ek en hy het n gewoonte gehad om elke aand as sy ma hulle al slaap by hulle binne braai te sit en chat….elke liewe aand het ons dit gedoen…ons het oor als gechat oor die lewe,oor mense,oor hoe wonderlike vriendskap ons het,oor wat ons die naweek gaan doen,ons drome…..you name it.hy was my opstaan en my gaan slaap en ek syne……ons het saam in een bed geslaap en let wel NET GESLAAP…..ons het die gewoonte gehad om  ons oë te chat-ons kon ure lank net vir mekaar staar en presies geweet wat in mekaar se koppe aangaan-ons het deur musiek met mekaar gepraat-as daar n sekere song op n sekere oomblik gespeel het,kon hy net vir my kyk en ek sou weet wat hy wil sê,ons het saam gaan jol in die clubs,gaan kamp en wat nog alles…..tot een aand……ons was na n show toe van Kurt Darren en ons twee het om een of ander besluit om die pelle daar te los en huis toe te gaan……en toe gebeur dit……ons eerste intieme oomblik……(wat glad nie beplan was nie)…die volgende oggend was glad nie weird of niks nie….ons was normaal en vol jokes soos altyd…..ons het agterna daaroor gepraat en besluit dit was n iets wat nie weer mag gebeur nie…dit mag dalk net dit wat in het in jeopardy stel.En ons het aangegaan soos normaal-maar daai aand was altyd by my….so het my vriendskap liefde vir maccy in groot liefde verander….maar dit was nie daai puppy crush shit nie….nee dit was onbeskryflik.

Nou een ding moet julle mooi verstaan Swakopmund is baie erg in die opsig van stories……dit was vir almal n snaakse ding dat ek en hy onafskeidbaar was……en ons was!Ons het al ewig stories gehoor van ons dit en ons dat……almal het gewonder oor ons….hulle kon nie uitmaak of ons vriende of lovers was nie en dis wat so lekker was,die feit dat almal gewonder het,dit het ons min gepla.

Ek onthou ons het woensdae aande altyd gaan pool speel…ek was altyd die enigste meisie gewees…..dit was wonderlik….daarna het ek en hy altyd n dvd of twee gekyk-elke woensdagaand en vrydae was club aande…..sondae het ons laat geslaap en die res van die dag rondgehang in die son of op die strand gaan lê en ver oor die see gedroom….

Ek het dag na dag net liewer geraak vir hom,maar ek dit nie vir hom gewys nie-ek was bang ons vriendskap kom in die slag-ek meen ons was soulmaaikies…..ek het hom meer begin bederf en vertroetel……op daai staduim het my hele lewe om hom gedraai elke sekond van die dag het ek aan hom gedink…..Ek het altyd meer in sy oë gelees as wat hy gedink het…..en ek was op die ou einde reg gewees….!!!!!!!Ons het weer een aand saam geslaap en vandaar af was dinge bietjie nie wat dit moet wees nie….ek het ongeduldig begin raak…want ek het na meer gehunker as net vriende en hy het vasgeskop teen sy feelings…..ons het baie gepraat oor die goed en ons het altyd nooit klaar gepraat nie…..om een of ander rede het hy toe iets met my niggie aangeknoop,maar sy het nie in Swakop gebly nie-so ek het nogsteeds die meeste van sy aandag geniet…..dinge was so te sê terug na normaal tot een aand by die binnebraai geselsies-die subject het weer opgekom en ek het my bes probeer om uit te vind wat eintlik voel…..no luck!!!!Hulle het opgebreek na n paar maande..

Na n lang gewroeg het ek besluit dis tyd vir n change ter wille van my future-op daai staduim het ek nie veel gepay nie en die gras in Windhoek het groener gelyk vir n toekoms….dis toe mos waar al die shit begin met my en maccy – hy was ontsteld omdat ek wou trek en ons het aande omgehuil oor my besluit en oplossings probeer vind……intussen het ek vir Werner een naweek ontmoet en dit was ook sommer chemistry van die ontmoet af……Maccy weet nie!!!!!Ek was raadop want ek het maar alte goed geweet die oomblik as ek trek-gaan dinge tussen my en Henri nooit weer wees wat dit was nie..ek het vir die laaste keer my bes probeer….dit sou hom net n paar woorde gekos het om my te oorreed om te bly…hy het vasgeskop en hy was op daai staduim broken en bitter omdat ek wou gaan…ek was ook maar ek kon nie so aangaan nie……in daai laaste tyd was daar baie hals oorkop intieme oomblikke…..maar iets het hom gekeer.

Ek was weg en dinge was swaar-toe was ek al n maand lank involved met Werner….hy het in Windhoek gebly…….hy het my maag laat draai en hy was wonderlik-maar diep binne my het ek na Henri verlang en ek het altyd gehoop,ek meen dit sou hom net n oproep gekos het en ek was daar by hom…..met tyd het dinge verander ek het eerlikwaar en opreg begin lief raak vir Werner…..Ek het an die begin baie gestruggle hier in Windhoek,het altyd gewonder of ek die regte besluit genaam het,miskien moes nog n rukkie uitgehou het,maar dan dink ek weer aan Werner hy is wonderlik,ek kon nie vir n beter partner gevra het nie,maar daar is n moerse verskil tussen hom en maccy……

Saterdagaand het ek uitgegaan vir n drink en loop toe vir maccy raak-ons het toe weer oor alles gepraat en al ons wondrlike tye en moments saam-ek het hom toe gevra-hy moet net vir my sê hoekom,wat het hom gekeer……hy sê toe vir my hy is n bitter oneindig lief vir my gewees en is nogsteeds,hy was destyds bang gewees ek sou hom nie n kans gee nie,ek sê toe vir hom,maar ek het in soveel opsigte vir jou gewys wat ek vir jou voel…..so I guess ons was altwee bitter stupid,want nou is dit n bietjie laat,ek trou oor twee maande met Werner.Ek het hom teen sy wange getik en gesê jou stupid fool-jy moes net jou mond oopgemaak het-dis waarvoor ek gewag het…..en nou is dit te laat-ek meen ek kan dit seker change as ek wil,maar wie sê dit gaan op die ou einde van die dag uitwerk in the long run…..

Damn stupid fool-ons altwee gewees……ek kan hom en myself skop.Ek sal altyd en vir ewig n special place vir maccy hê-en dit wat ons saam gehad het sal altyd in my memory en hart bly,niemand kan dit van my af wegvat nie,nooit nie…..maar my lewe is nou saam met Werner…..my hart is nou syne….

Henri was altyd so passionate en pragtig,hy was alles wat n mens kan soek…….hy het altyd vir my dolla genoem,ek was sy dolla,hy het n song aan my gededicate en whenever ons saam daai song gehoor het-het hy altyd diep in oë gekyk en gesing……daarom sal Brown eyed girl altyd n special favourite van my bly.Ons het nog kontak-ek en sy ma en sussie is still baie close en ek sien hulle gereeld as ons daar kom…..Werner ken hulle ook,hy weet ek en Henri het n moerse special vriendskap gehad,maar hy weet nie die res nie,dit sal ek maar opsluit in een van my memory laaitjies in my hart.

Ek dra vandag die post aan jou op…Maccy…..en weet net dat ek jou altyd sal saamdra in my hart en dat ek vir jou onbeskryflik lief was,ek is nogsteeds net nie meer in daai way nie,ek gebruik ook die post as die end of n beautiful chapter in my life…..you will now live on in my memory…..en mag jy al die geluk kry wat jou toekom en ek hoop dat jy n wonderlike partner  sal ontmoet wat vir jou so lief was soos ek en nog meer……

En onthou my belofte aan jou…..

Dit bibbberrrrr!!!!

frost-007.jpg

Die foto hierbo is gister geneem buite Windhoek Country Club geneem…….dis piepiekoud hier in Windhoek en Suide van Namibia is nog erger…..

Daar het gister n skokkende ding hier in Windhoek gebeur-n Laaitie(20) het sy Pa doodgeskiet-blykbaar was die ma en die pa besig om rusie te maak,toe die pa begin geweldig raak,hy was besig om die ma te wurg-toe die seun die pistool/rewolwer uit die kluis gaan haal het en na n paar waarskuwingskote,sy pa in die kop geskiet…..hier onder is n link vir die berig in die local koerant…..

http://www.republikein.com.na/content/nuus/2007/Junie/28_moord.php

Nadat ek dit gister op die radio gehoor het,sê ek nogal vir my vriendin-ek is doodseker die pa het heel moontlik geweldadig geraak met die ma en toe besluit die seun-hy gaan dit stop.Aan die een kant kry ek hom jammer en aan die anderkant was dit die verkeerde reaksie vir so geval…..n mens sal nooit weet nie…..ons was nie daar nie.

 Wat dink jy oor die geval?

Mag almal n vrede-volle donderdag beleef.

troedelkies

xxxxx

Rusie oor krummels

‘n Brood val uit ‘n bewegende broodwa en rol ‘n entjie verder.  ‘n

Stukkie breek af en bly in die straat lê.  Drie mossies peil af op die

stukkie wat afgebreek het.  ‘n Hewige bakleiery breek los.

Een kry die oorhand en begin die krummels gretig oppik, terwyl die

ander twee met luide protes in ‘n boom gaan sit.  Nie een van hulle het

die groot brood ‘n entjie verder raakgesien nie.  Hulle was besig om oor

die krummels te baklei!

Ons maak rusie oor klein dingetjies en ignoreer dit wat eintlik

belangrik is.  Oor die nietighede word ons vir mekaar so kwaad dat

kosbare verhoudinge verbreek word.  Voordat ons oor die krummels twis,

kom ons kyk eers rond en sien die brood raak!  Die krummels is nie die

gevolge van die twis werd nie!

Here, laat ek vandag onderskei tussen krummels en die dinge wat

saakmaak.

Drop the pilot…….

Okay ek voel n klein bietjie beter as gister-om een of ander rede het die song hier onder n biekie emosionele spoed aan my verskaf-ek het hom nou in n kwessie van 5 ure al twee keer op die radio gehoor…….

I’m right on target
My aim is straight
So you’re in love
I say what of it

Things can change
There’s always changes
And I wanna try
Some rearranging

I say
Drop the pilot
Try my balloon
Drop the monkey
Smell my perfume
Drop the mahout
I’m the easy rider
Don’t use your army
To fight a losing battle

Animal, mineral, physical, spiritual
I’m the one you need
I’m the one you need

You’re kissing cousins
There’s no smoke
No flame
If you lose that pilot
I’ll come fly your plane
If you want solid ground
Come on and try me
Or I can take you so high
That you’re never gonna wanna
Come down

I say
Drop the pilot
Try my balloon
Drop the monkey
Smell my perfume
Drop the mahout
I’m the easy rider
Don’t use your army
To fight a losing battle

Animal, mineral, physical, spiritual
I’m the one you need
I’m the one you need
I said
Animal, mineral, physical, spiritual
I’m the one you need
I’m the one you need
I’m the one you need

Drop the pilot
Try my balloon
Drop the monkey
Smell my perfume
Drop the mahout
I’m the easy rider
Don’t use your army
To fight a losing battle

Drop the pilot
Try my balloon
Drop the monkey
Smell my perfume
Drop the mahout
I’m the easy rider
Don’t use your army
To fight a losing battle

Animal, mineral, physical, spiritual
I’m the one you need
I’m the one you need

Drop the pilot
Drop the monkey
Drop the mahout
I’m the easy rider
Don’t use your army
To fight a losing battle

Animal, mineral, physical, spiritual
I’m the one you need
I’m the one you need
I’m the one you need

Nie lus nie…..

friendshiph013.jpg

Hierbo is n oulike en waar gedagte-ek is lui vir skryf vandag……ek het nie lus vir blog nie,ek hettie lus vir werk nie,ek het lus vir niks……net in my bed lê-dis waarvoor ek lus is-slaap,slaap en nogmaals slaap.Seker die koue wat my aantas……..!!!!

Vrydag die 22ste Junie 2007

Loop vandag met n smile asof

jy n celebrity is.

Bestuur jou karretjie asof dit

n porsche is.

Waai asof jy Hilary Clinton is…

Toet asof jy n taxi bestuur….

Nee wat..!!!

Ek het n beter idee….

Wees net jouself…

want jy is baie

spesiaal net soos JY is.

 

Die Curriebeker begin vandag!

Go bulls!

blou.jpg

Hoop almal het n stunning naweek.

troedelkies

xxxxxx

Etiket….

Vandag toe ek so rondkrap in my mailbox-toe discover ek weer hierdie een…….ai dit was nou weer n lekker lag vir n donderdag…..O’ja goeie nuus raai wanneer word my twin se eersteling gebore………..op ons verjaarsdag…flippin cool nê!!

hoop julle geniet dit so baie soos ek..

Etiket deur Nataniel

Dit is nou raakgevat   Werksdrag:

Wit sokkies word NOOIT by werksklere gedra nie, net pedofiele doen dit.  Jou sokkies se kleur moet by jou broek se kleur pas, donkerblou of  donkergrys sokkies pas nie by ´n swart broek en swart skoene nie. Van skoene gepraat; jy dra nie skoene met sole van meer as 1cm by ´n pakbroek nie. Onthou, hoe hoër jy staan hoe harder val jy.

En as die skoen enige gekroomde metaal aanhet, dra jy dit glad nie (behalwe as jy navorsing oor magneetvelde doen).

´n Das by ´n kortmouhemp lyk moer kommin en das wat te kort is, lyk nog erger.

Effekleurige dashemde met wit krae is dood, brand of begrawe dit.  Moet  nooit ´n geel das dra nie, dit lyk of ´n heks op jou gebraak het. Moet ook nooit ´n das met Disney-karakters dra nie, as jy ernstig opgeneem wil word, moet jy soos CNN lyk, nie soos Cartoon Network nie. Colour-code beteken NIE dat jou Disney-karakter kouse en das bymekaar moet pas nie.

Informeel: Swart belde of skoene word nie by blou jeans gedra nie. ´n Beltbuckle wat groter is as jou kop word slegs gedra as jy op vakansie is in

Texas
of Vereeniging.
Jy dra nie ´n afmou hemp in die publiek nie, die cherries spek jou wel  meer, maar dis slegs uit skok, jy fire nie hulle jets nie. PT-broeke met  die ¨slits¨ aan die kante lyk, en is, ongemaklik, moenie dit dra behalwe as jy ander gay mense opgewonde wil maak nie.

Die hele doel van ´n pet, is om die son uit jou oë te hou, nie uit jou ore of agterkop nie, dra die afdakkie na voor en as jy onder dak inloop, haal dit af.

Jou broek se bokant moet op jou heupbene sit, nie onder jou gat of onder  jou arms nie. Niemand stel belang hoe jou boxer lyk of watse snaakse vorme  jou genetalië onder druk aanneem nie.

Bykomstighede: ´n Sonbril hoort op jou oë, in sy sakkie, of in jou hand, nie op jou kop, om jou nek, of voor aan jou kraag nie. En haal tog jou sonbril af as jy met iemand praat, behalwe as jy nou net iets gesteel het.

´n Selfoon moet nie aan jou belt gedra word nie, dis ´n Nokia, nie ´n Beretta nie.

‘n Belt is gemaak om jou broek bo te hou, nie vir jou selfoon, knipmes,  Leatherman, toolbox, Beretta, Beretta se laserscope, Beretta se ekstra  petrone, bottletjie haarolie, kondome, ens nie.

Jou kam hoort in die badkamer, nie in jou kouse nie, maak nie saak wat  jou pa gesê het nie! En haarolie is iets wat deur die Natzi’s uitgedink is om vroue reg oor die wêreld te pynig, hulle noem dit massamarteling.

Wenke aan die dames:
Daar is niks so mooi soos ´n kant boudeflossie wat  net so effens uitsteek nie. Maar met die klem op ¨net so effens ¨.. Ek kry  trane in my oë as ek van agter vir vrou loer en dit lyk of haar boude besig is om haar g-string op te eet.

As jy ´n rolletjie (of twee of drie…) het, moet asseblief nie ´n  ¨ boob-tube¨ met ´n oop maagie dra nie, ´n stukkie suurdeeg wat oor ´n belt borrel is verkeerd in enige boek.

Alhoewel jy baie trots voel daarop, wil ons asb. nie jou nuwe naeltjie ring sien nie, vernaam nie as jy die rolletjies eers moet oopvou terwyl jy  met die ander hand ‘n metaalverklikker gebruik om die dingetjie te  probeer opspoor nie.

Onthou tog asb. om in die spieel te kyk voordat jy uit die huis gaan in die oggend, dit mag dalk vir jou lyk asof die mensdom jou bates wat uitpeul  bewonder, maar wees verseker dat hulle jou in skok en verbasing aanstaar,  nie bewondering nie.

Wees asb. versigtig wanneer ‘n broek gemaak uit die nuwe rek materiaal gedra word – vernaam in wit/beige – dit lê beslis klem op alle bewegende dele asook haelduike – die term “twee varkies in ‘n nat streepsak” is hier   goed van toepassing.

troedelkies

xxxxx

Dowwe Woensdag!!!!

Vanoggend vroeg toe ek my epossies na gaan,ondek ek dat een van my vele epos vriende die vir my gestuur het…..en ek moes dit eenvoudig met julle deel,aangesien ek alreeds n DULL woensdag beleef en dis nou eers half nege……important1cp.gif 

These were written by Andy Rooney, a man who has the gift of saying so much with so few words. Enjoy…….

I’ve learned…. That the best classroom in the world is at the feet of an elderly person.

I’ve learned…. That when you’re in love, it shows.

I’ve learned…. That just one person saying to me, “You’ve made my day!” makes my day.

I’ve learned…. That having a child fall asleep in your arms is one of the most peaceful feelings in the world.

I’ve learned…. That being kind is more important than being right.

I’ve learned…. That you should never say no to a gift from a child.

I’ve learned…. That I can always pray for someone when I don’t have the strength to help him in some other way.

I’ve learned…. That no matter how serious your life requires you to be, everyone needs a friend to act goofy with.

I’ve learned…. That sometimes all a person needs is a hand to hold and a heart to understand.

I’ve learned…. That simple walks with my father around the block on summer nights when I was a child did wonders for me as an adult.

I’ve learned…. That life is like a roll of toilet paper. The closer it gets to the end, the faster it goes.

I’ve learned…. That we should be glad God doesn’t give us everything we ask for.

I’ve learned…. That money doesn’t buy class.

I’ve learned…. That it’s those small daily happenings that make life so spectacular.

I’ve learned… That under everyone’s hard shell is someone who wants to be appreciated and loved.

I’ve learned…. That the Lord didn’t do it all in one day. What makes me think I can?

I’ve learned…. That to ignore the facts does not change the facts.

I’ve learned…. That when you plan to get even with someone, you are only letting that person continue to hurt you.

I’ve learned…. That love, not time, heals all wounds.

I’ve learned…. That the easiest way for me to grow as a person is to surround myself with people smarter than I am.

I’ve learned…. That everyone you meet deserves to be greeted with a smile.

I’ve learned…. That there’s nothing sweeter than sleeping with your babies and feeling their breath on your cheeks.

I’ve learned…. That no one is perfect until you fall in love with them.

I’ve learned…. That life is tough, but I’m tougher.

I’ve learned…. That opportunities are never lost; someone will take the ones you miss.

I’ve learned…. That when you harbor bitterness, happiness will dock elsewhere.

I’ve learned…. That I wish I could have told my Dad that I love him one more time before he passed away.

I’ve learned…. That one should keep his words both soft and tender, because tomorrow he may have to eat them.

I’ve learned…. That a smile is an inexpensive way to improve your looks.

I’ve learned…. That I can’t choose how I feel, but I can choose what I do about it.

I’ve learned…. That when your newly born grandchild holds your little finger in his little fist, that you’re hooked for life.

I’ve learned…. That everyone wants to live on top of the mountain, but all the happiness and growth occurs while you’re climbing it.

I’ve learned … That it is best to give advice in only two circumstances; when it is requested and when it is a life threatening situation.

I’ve learned…. That the less time I have to work with, the more things I get done.

Hoop julle het n kleurvolle woensdag!

troedelkies

xxxx

Ai ai ai ai ….!!!!

Hier is ons hoofblad storie uit vandag se Republikein-Ek dink dis plein siek….daai moordenaar is defnitief nie lekker in sy kop nie…..

• Hoofartikel

DIE ontdekking van ‘n koplose vroueliggaam tussen Windhoek en Okahandja is nie net ‘n grusame vonds nie, maar op verskillende wyses ‘n uitdaging aan die Namibiese gemeenskap om die oortreder aan die man te bring.
‘n Mens hoef nie oor ‘n uitsonderlike intelligensie te beskik om ‘n verband tussen die jongste gruwel en die moord op Juanita Mabula te kry nie.
Beide was jong, swart Namibiërs en beide is onthoof en hul liggaamsdele langs hoofpaaie weggegooi.
Op die vooraand van ‘n konferensie oor geweldsmisdaad teen vroue en kinders wat in die hoofstad begin en die debat wat die afgelope dae in die Nasionale Vergadering die Mabula-kwessie op die voorgrond gedryf het, kan Namibiërs aflei dat die moordenaar die owerheid en die bevolking uitdaag.
Erger nog.
Die moordenaar dink hy is superintelligent en die res van die land waarin hy sy terreurveldtog teen vroue voer, is superonnosel of gee eenvoudig nie om vir die tipe meisies wat hy as sy prooi kies nie.
Namibiërs het vandag die geleentheid om die moordenaar op minstens die twee aangeleenthede verkeerd te bewys.
As daar lesse te leer is uit die Mabula-nagmerie, is dit dat daar geen tyd met ondersoeke vermors mag word nie, want die eeue ou waarheid is dat die spoor met tydsverloop kouer word en moeiliker om te volg.
Daar mag eenvoudig geen gras onder enigiemand se voete groei nie en ‘n hele paar kwessies sal dringend aandag moet geniet.
Een van die belangrikste aangeleenthede is die kwessie van polisierekords en bekendmakingsprosedures van vermistes in Namibië.
Die slagofferlys van die jongste moordenaar kan veel langer wees as net twee grusame vondse langs die hoofpaaie.
Afgesien van ‘n stuk plastiek by beide onthoofde lyke, is die afstand wat liggaamsdele van slagoffers noord en suid van Windhoek ontdek was, min of meer dieselfde wat die indruk skep dat die moordenaar die polisie op ‘n dwaalspoor wou lei deur die liggaamsdele van sy jongste slagoffer noord van Windhoek weg te gooi.
Daar is egter ooreenkomste wat nie geïgnoreer kan word nie, soos dat die slagoffers min of meer dieselfde fisiese profiele het. Beide meisies se verdwyning het redelik onopsigtelik plaasgevind of is eenvoudig nie goed genoeg gerapporteer nie.
Dit is ‘n les vir Namibiërs asook vir die owerheid wat nie nog ‘n keer geïgnoreer kan word nie. Enige vermiste moet met dringendheid gerapporteer word en met meer dringendheid gesoek word.
Beide is met sae uitmekaar gesaag en in die geval van die jongste slagoffer is dele van die liggaam gevries. Daar kan selfs ‘n moontlikheid wees dat die hoof van Mabula wat ‘n maand na haar dood langs die pad ontdek is, ook vir ‘n tyd gevries kon gewees het.
Die feite is duister, maar die opdrag aan Namibiërs is duidelik.
Die moordenaar moet in sy spore gestuit word, want hy is die gevaarlikste soort denkbaar wie se enigste patroon blote koelbloedige bloeddorstigheid is wat net oortref word deur sy hoë dunk van homself en sy eie geloof in ‘n onaantasbaarheid in die Namibiese gemeenskap.
As elke inwoner vir ‘n oomblik dink en gedagtes en moontlike getuienis met die polisie deel, sal die moordenaar gestuit word.
Namibiërs het nie net ‘n plig nie, maar in ‘n tyd waarin die lot van vroue en kinders die land tot ‘n nasionale besinning dwing, is dit die huldeblyk wat die mense van die land aan die gruslagoffers van ‘n hondsdol roofdier kan betoon.
Dit is meer as ‘n uitdaging, maar ‘n plig van elke mens vandag!

Ek voel vandag n bietjie beter-alhoewel ek nog nie kon uitvind hoekom ek so tranerig is nie…..Die storm sal een of ander tyd woed-hopelik vind ek n paar antwoorde….

Ek het sondag n bietjie gesit en dink oor my en Werner(my verloofde) se verhouding en die feit dat ons nou oor bietjie meer as twee maande trou….Ek het tot die besef gekom…sê nou maar ons was nie in verhouding nie-net vriende-dink ek nogsteeds ek sou op hom verlief geraak het en n move gemaak het….ja nee ek is doodseker ek sou dit doen,ek sou nie net met hom wou vriende bly nie…..Is dit veronderstel om vir my te iets te sê!!!!!!

Hoop almal het n hop-a-long dinsdag!

 troedelkies

xxxx

Design a site like this with WordPress.com
Spring weg