Archive for the ‘Uncategorized’ Category

n Dedication……..

Aangesien n medeblogger die subject nou opgebring-voel ek toe ook lus om ietsie op te dra aan al my ex-kerels,baie close vriende en aan een spesiale persoon wat baie na aan my hart lê……die was eintlik ons twee se song-hy het dit altyd in  my oor gefluister-sing.Jou stupid fool hoekom moes jy eers toe ek reeds verloof was besef maar jy het my eintlik lief…al daai kosbare tyd wat ons altyd saam spandeer het as “vriende” kon meer gewees het……..

 Hey where did we go,
Days when the rains came
Down in the hollow,
Playin’ a new game,
Laughing and a running hey, hey
Skipping and a jumping
In the misty morning fog with
Our hearts a thumpin’ and you
My brown eyed girl,
You my brown eyed girl

Whatever happened
To Tuesday and so slow
Going down the old mine
With a transistor radio
Standing in the sunlight laughing,
Hiding behind a rainbow’s wall,
Slipping and sliding
All along the water fall, with you
My brown eyed girl,
You my brown eyed girl.

Do you remember when we used to sing,
Sha la la la la la la la la la la te da

So hard to find my way,
Now that I’m all on my own.
I saw you just the other day,
My how you have grown,
Cast my memory back there, Lord
Sometime I’m overcome thinking ‘bout
Making love in the green grass
Behind the stadium with you
My brown eyed girl
You my brown eyed girl

Do you remember when we used to sing
Sha la la la la la la la la la la te da.
 

Aan my skoonma op haar b-day!!!!!

 Tannie Dalene amper skoonma ek hoop jy het n vreugdevolle dag ………

Vandag bevind jy jou
op die drumpel van ‘n nuwe lewensjaar.
Gun jouself ‘n oomblik
om stil te staan en terug te kyk .
Daar is jou gesinskring,
onbreekbaar met ‘n liefdesband gebind.
Jou tuiste die oase
waar jy na ‘n lang dag rus
kan vind.
Dit is geskenke van Bo.

Die vele storms
wat veronderstel was om verwoesting na te laat
kon jou nie breek,
want met ‘n hart gevul met liefde
het jy vurig,
onverskrokke vorentoe gebeur,
die stryd gewen,
danksy volharding in gebed, geloof in God ons Heer.
Dit was krag van Bo.

Sien die spore,
diep getrap deur jou, wie onbaatsugtig jou besittings,
jou hele menswees deel,
met vriende en ook vreemdes.
Jy het op jou pad
net die beste saad gesaai.
Dit ook self vertroetel en bemes
sodat jou medemens die vrugte van sukses kon maai.
Dit was ‘n opdrag van Bo.

Betree dan nou
‘n nuwe, onbekende lewensjaar,
vergesel deur wense
en gebede diep uit my hart.
Mag God jou in Sy arms
veilig koester en bewaar.
Mag Hy jou oorvloedig seën,
jou hand in Syne neem en oral met jou gaan.
Genade vir jou, van Bo.

Ek wil jou toewens,
gesondheid,
voorspoed en sukses.
Mag die goeie Vader
jou toerus met Sy wapens,
sodat jy elke aanslag van die lewe
teë sal staan en af kan weer.
Ek bid dat Hy vir vele jare nog,
aan jou eindelose vreugde, geluk en vrede gee.
Suiwer liefde vir jou, van Bo.

Hoe weet jy………

Hoe weet jy iemand is vir jou spesiaal?
Wanneer teerheid jou hart omkring,
In jou hart ‘n hunkering,
Dan weet jy.
As jy betowerd na elke woord luister,
Jy staar net, gefassineerd, verbyster,
Dan weet jy.
Sagte oe wat jou gevange hou,
Wyl onbeskryflike geluk jou omvou,
Dan weet jy.
Hoe weet jy wanneer jy iemand bewonder?
As elke woord soos ‘n melodie klink,
En sagte lippe jou nader wink,
Dan weet jy.
Elke gelaatstrek drink jy in,
Jy voel lus om van vreugde te sing,
Dan weet jy.
Die lewe word ‘n liefdeslied,
Al jou sorge verdwyn in die niet,
Dan weet jy.

Hoe weet jy wanneer jy iemand bemin?
Wanneer jy die blydskap and die pyn wil deel,
En jou beminde se seer wil heel,
Dan weet jy.
‘n Beskermende gevoel wat in jou ontwaak,
Al die tekortkoming maak geen saak,
Dan weet jy.
Jou geliefde se nabyheid word altyd verlang,
Jou dierbare se geluk word jou belang,
Dan weet jy.

Hoe weet jy wanneer jy begeer?
Jou bloed wat polsend deur jou are bruis,
Alle geluide om jou, net ‘n vae gesuis,
Dan weet jy.
‘n Vlietende aanraking van ‘n hand,
Wat intense passie in jou laat ontbrand,
Dan weet jy.
Fantasiee en drome word geweef,
Elke dag ‘n voorreg om te leef,
Dan weet jy.

Hoe weet jy wat jy voel is liefde?
Lighoofdig van ekstase wanneer jy besef,
Jy is deur Cupido se pyl getref,
Dan weet jy.
Onmeetlik, onvoorwaardelik, waar en eg,
Is jou gevoel. Eenmalig en reg.
Dan weet jy.
‘n Simfonie van emosies, wat jy nie kan ontleed,
Saamgevat in die grootste emosie, wat liefde heet.
Nou weet jy.

 (Geskryf deur Butterfly)

Die gewaagde post…….

Ek het lank oor die post gedink wat ek wil plaas en dis nie hoekom of waarom nie-dis net n subject wat opgeduik het in n gesprek en ek wonder daaroor ………..

Die mens is n snaakse ding-Hoekom wil n mens altyd iets hê wat jy nie kan kry nie……dis nou in enige opsig bedoel of hoekom wil jy altyd dit aanvang wat jy nie regte mag aanvang nie(wetie of ek nou die sin reg om het nie)anyway….soos byvoorbeeld dis baie lekker om skelm te rook…..die rush is soveel groter,want jy weet daar is n moontlikheid dat jy gevang kan word…..dis wat dit so lekker maak….maar die oomblik as jy uitgevang word of bv jou ouers vind uit jy rook….dan is al die pret daarmee heen……dan doen jy dit omdat jy gewoond is daaraan…….so ook is dit baie lekkerder om uit te slip iewers heen as wanneer jy toestemming gekry het daarvoor….(op skooldae gemik)

Nou iets wat meer van toepassing is op ons vandag hier nou huidiglik……….die verbode vrugte….ja jy het reg gelees…..(en almal se oë rek)dis snaaks hoe n mens altyd na iets “verlang” terwyl jy dit eintlik het……ek praat nou nie van die terte op die hoek bykom of sommer net pleinweg n affair nie…..nee ek praat van jy wil net daai eenkeer daai forbidden fruit proe……nie omdat jy dit of dat nie….omdat die mystery die unknown in jou tickle…….

Bv Jy is getroud en hier wandel jy eendag op die sypaaidjie en boem jy dagdroom so dat jy n vreemdeling van die ander geslag byna van sy/haar voete afloop…….julle oë ontmoet,daar was n oomblik-julle ruil sorry’s uit …….jy moet aanstaltes maak..maar jou voete wil nie beweeg nie,want jy is vasgevang in hierdie oomblik en een of ander fantasy speel alreeds in jou gedagtes af.

Hoekom perv n mens altyd oor iemand op die TV of in die movies of selfs oor iemand op die straat…..n vriendin van gaan gagga as sy vir Nicholis Louw sien……Wow Lana hy kan maar sy skoene onder my bed kom ingooi…….

Of jy ken dalk hierdie baie goeie pel – julle is altwee verbind tot ander,maar julle twee het van die eerste ontmoeting af baie in common,julle verstaan mekaar,julle lees mekaar en tog terwyl jy geen urge het om “affair” ding te doen nie – jy weet dis hel verkeerd en jy is getrou en baie lief vir jou ander helfte……kan jy nie help om te wonder maar hoe sal net daai een ontmoeting wees…..jy droom jouself in n huigroman in……maar jy weet dis verkeerd!!!!!

Ek wonder baie of elke liewe een van ons iewers binne ons al so oomblik gehad het……daai oomblik wat jy na n verbode vrug honger…net vir daai eenkeer………hierdie het ek lank terug iewers raak gelees…wat eintlik explain wat ek babbel(dink ek)

Jy kyk en aanskou,
Maar dis nie vir jou oë bedoel,
Want jy mag dit dalk later begeer.
Jy wil dit hê
Wat jy nie mag besit nie,
Die smagting om daaraan te raak,
kan jy nie keer.

Jy raak aan dit
Wat verbode vrugte is,
En ontwikkel ‘n behoefte om dit joune te maak.
Jy neem dit
Wat nie joune is nie,
Geniet dit ook terdeë en hou van die smaak.

Jy put ‘n genot
Wat jy nie mag smaak nie,
Jy waag dit op gevaarlike terrein.
Jy wil wees
Waar jy nie mag wees nie,
Selfs al weet jy dat jy die situasie moet vermy.

Jy ignoreer
Die waarskuwingstekens,
Tog, waaghalsig gaan jy maar voort.
Jy wil hê dit
Wat nie joune is nie,
Moet vir ewig en altyd aan jou behoort.

Jy moet neem
Wat aan jou gebied word,
Slegs wanneer die geleentheid daar is.
Jy besef later
Dis nie wat jy wou hê nie,
Daar ook jou gewete, wat jy nie kan sus.

Jy staan nou
Voor ‘n moeilike keuse,
Is dit die moeite werd om voort te gaan?
Jy ontdek dan
Dit was nooit jou keuse,
Dis ‘n doodloopstraat. Jy word uit jou droomwêreld gehaal.

Jy het nou
‘n Gebroke hart,
Want jy kan nie kry wat wat jy bo alles begeer.
Jy betaal vir dit
Wat jy nooit
kan besit nie,
Jy het die duurste les van jou lewe geleer.

Ek kan nie wag om al die reaksie op die post te sien nie,dit sal baie interressant

wees en moet nou nie n sussie wees nie….sê wat jy dink!!!!!

hoop almal het n “spekkeroolse” donderdag.

Troedelkies

woorde wat net mooi is…..

Daar’s die kind in jou
Met ‘n sagte stem
Wat ewe stuitig
Met die jêmkwas
Vreeslik kwistig
Mense met mooi woordjies besmeer.
Daar’s die jongman in jou
Met ‘n vonkelende oog
Wat nogal lustig
Met ‘n lag in die stem
Vreeslik guitig
Bykans elke dame sy skattie noem.

Daar’s die wêreldwyse
Grootmens in jou
Wat ‘n bietjie te lugtig
Die beste raad
So effens versigtig
Aan vreemdes en vriende uitdeel.

Daar is jy
Sorgvuldig versteek
Agter vriendelike woorde
Ontspanne en rustig
Tog immer op jou hoede
Wat jou vrese met ‘n lag bedek.

Daar is ek
Wat baie dieper kyk
Hoor wat jy nié sê nie
Jou skanse deurdring
Sien wat jy nie graag wys nie
En jou binneste ontleed.

Daar is vader tyd
Wat vinnig beweeg
Jou beveel om kanse te waag
Breek weg, breek uit
Jy sal verloor maar jy sal ook slaag
Solank jy net voluit leef.

(geskryf deur butterfly-wie ookal sy mag wees)

Walking on sunshine…….

Ek het vanoggend wakker geword met die song in my kop………ek dink dit gaan n spiekeris woensdag wees!!!!!

I used to think maybe you love me, now baby I’m sure
and I just cant wait till the day, when you knock on my door
now every time I go for the mail box, gotta hold myself down
‘cos I just cant wait till you write me, you’re coming around

[Chorus:]

I’m walking on sunshine (whoa oh)
I’m walking on sunshine (whoa oh)
I’m walking on sunshine (whoa oh)
And don’t it feel good
And don’t it feel good

I used to think maybe you love me, I know that it’s true
I don’t want spend my whole life just waiting for you
I don’t want you back for the weekend, not back for a day
baby I just want you back and I want you to stay

[Chorus]

I feel alive, I feel a love, I feel a love that’s real
I feel alive, I feel a love, I feel a love that’s real

 

Hoop almal het n wonderlike klein-saterdag!!!!

troedelkies

xxxxxx

P.S Ek werk aan n post wat ek nie seker is wat die reaksie daarop gaan wees nie.

Blogging….

motivational_blogging.jpg

Mixed Feelings…..

Ja dis presies wat die opskrif sê-ek voel vandag so…….i have mixed feelings about alot of mixed things….!

Ek is in een van daai moods-waar ek net die earphones wil opsit en musiek so hard luister-ek moet niemand kan hoor nie…..ek wil in die musiek in leef en dwell daarop…..en die tipe musiek……lovesongs,songs oor hartseer,songs oor waardering…..sad songs…..purple rain.Ek wil elke song wat ek in my kop het vir iemand speel met die doel op die woorde van die liedjie…..vat nou byvoorbeeld die song ek is nog hier van Nicholis Louw-dit bedoel ek vandag vir een persoon,Ek wil for all the wrong reasons vir iemand anders speel wat eens op n tyd n hoofstuk in my lewensboek was.Ek kan nie sê ek het die blues nie,maar ek kan ook nie sê dat ek jubel van blydskap nie……ja ek is baie excited en opgewonde want ek trou oor ses of sewe weke en ding gaan hectic met die reelings…..maar in die selfde asem verlang ek na ou hoofstukke in my lewensboek,na nuwe hoofstukke wat nog moet gebeur en na mense wat ek geken het ,nie geken het nie,wil ken en huidig ken……

Ek is ingenome met n stukkie raad wat ek vandag gelees het oor heuning en kaneel,ek is sad vir al die slagoffers van die khomas ripper(sien republikein argiewe),ek voel jammer vir weeskindertjies en ek voel baie hartseer vir almal wat al deur n gebroke hart getref is…..dis seer baie seer……ek voel sad vir die wat alleen is en vir al die oujongkerels en nooiens…..was dit hulle eie besluit of het hulle net nooit n deksel geving nie.Ek is diep dankbaar vir al die wonderlike mense wat ek al ooit in my lewe ontmoet het en nog gaan ontmoet-ek is nog meer dankbaar vir al die pragtige vriende wat ek het-julle kook en ek sal nie survive sonder julle nie…wie kan survive sonder vriende nie ek nie…….ek wonder hoe dit voel om so eensaam en alleen deur die lewe te gaan sonder n enkele vriend of siel…….sorry ek sou nie kon nie…..so my hart gaan uit na daai sieletjies toe…..maak oop jou oë daar is wonderlike pragtige mense in die wêreld……mingle man jy lewe net eenkeer.

Ek is dankbaar vir Werner-ek het nie in my wildste drome gedink dat ons so ver sou kom as trou nie…….wat het ek gedoen om jou te verdien…….jy is wonderlik al is jy soms so vol draadwerk,ek is lief vir jou ek weet dit want my hart sê so en ek glo in my hart dat jy net so lief vir my is.En ek hoop in my hart dat ek vir jou die vrou kan wees wat jy nog altyd oor gedroom het,ek hoop dat ek eendag n wonderlike ma vir jou/ons kiddies sal wees.Dankie dat jy my gekies het om deel van jou lewe te wees,al wonder ek soms hoekom,maar ek weet jy weet hoekom….so dis okay.Ek kan nie wag vir ons troudag nie.

Ek dink aan my sussie wat soos n olifant voel,sy moet oor so biekie meer as n maand haar eerste pienkvoet aflaai-sy en manlief het so pas in hulle nuut geboude huis ingetrek en hou vanaand n house-warming…sterkte ek weet op die staduim is alles vir jou eintlik moeite want jy voel soos n olifant……dankie ook dat julle so mooi beplan het met die kleinding-ek kan steeds nie glo hy/sy kom op ons verjaarsdag nie,nou gaan ek en jy en jou kiddy altyd ons bday’s saam kan vier.

Ek mis my swakop lewe-alles was anders en ek was probleem loos-die lewe was n fees en ek het nooit n worry van n dag oud gehad nie,die lewe het bestaan uit n bietjie werk en die res van die tyd uithang saam met vriende en jol.

Ek verlang na Maccy…….aan jou dra ek kruppelkop gewete van gian groen op vandag.

Ek verlang na Hennie-wat ek so bitter lief gehad het,maar wat ek aan die dood moes afstaan……maar ek weet jy is gelukkig daar waar jy is want jy is vry.Ek voel jammer vir my vriendin wat haar pa n tydjie terug verloor het-jy het nog baie hartseer oor om deur te gaan…maar jy sal survive ‘ trust me’.

Ek mis my ierse vriend waarmee ek kontak verloor het-aan jou dedicate ek vandag Chasing cars van snow patrol….

Ek het nou n knop in my keel en ek is nou lus om verder te dwell in my musiek……met niemand en niks…net myself en memories.

skop hoog tot maandag.

troedelkies

P.S Ek los julle met Kiss the Rain…….

nog n paar dedications wat ek wil noem net omdat ek so voel

All or nothing-Westlife,Tonight-Westlife,Total eclipse of the heart-Bonnie tyler,How can we be lovers-Michael Bolton,When a man loves a women-Michael Bolton,I love the way you love me-Boyzone,Because it’s love-Kelly Family,Engele om ons-Steve Hofmeyer,Rooiwyn en Candlelight-Gian Groen,Blou-Andre Swiegers,When I’m back on feet-Michael Bolton,All out of love-Westlife version,Goodbye my lover-James Blunt,You’re Beautiful-James Blunt en so gaan die lys aan…..O’ja en natuurlik Do i make you proud-Taylor Hicks.

Kop by Kapps….

En die ripper storie gaan voort…..al wat ek weet is die ou is baie siek-verstandelik gef*k!!!!!

 (hoofblad uit 12de julie 2007 se Republikein)

’n KOP, twee kuite en ’n paar voete wat gister tussen Kappsfarm en die Internasionale Lughawe Hosea Kutako gevind is, hou die jongste sleutel in die land se verbete jagtog na Namibië se eerste reeksmoordenaar, die Khomas Ripper.
Hierdie keer het dié wrede slagter ’n grusame stappie verder met sy grusame lykskending gegaan.
Volgens ’n voorlopige verslag wat die polisie laat gistermiddag uitgereik het, is dit “ontstellend” dat die drie middelste tone aan elke voet afgesny is.
As dit die werk van die Ripper is, is hy oënskynlik deur ’n derde padblokkade in net soveel rigtings uit die hoofstad in sy voortgesette terreurtog teen die Namibiese samelewing. Waaksaamheid by die voorstaanpunt op pad na die lughawe was toe Republikein na die toneel uitgery het op die oog af opgeskerp; spesifiek vir verkeer onderweg na die hoofstad.
Gister se skokontdekking langs die B6 kom presies drie weke nadat ’n paar bobene van ’n vrou op 20 Junie by ’n piekniekplek 25 km noord van Rehoboth langs die B1 gestort is. Die Ripper, wat voorlopig met drie moorde laat in 2005 verbind word, het ’n oënskynlike lang laaglê dae voor dit beëindig toe die tweegedeelde bolyf van ’n vrou op 17 Junie, ook in ’n padkonka, sowat 42 km buite Windhoek op die hoofpad na Okahandja gevind is.
Die jongste vonds is volgens hoofinsp. Angula Amulungu, die polisie se hoofskakelbeampte, sowat 35 km buite Windhoek gemaak. Die Ripper het homself blykbaar hiermee vir die eerste keer in ’n dramatiese wending op ’n heel nuwe verkeersaar begeef.
Sewe werkers van mnr. Stephan Voigts, ’n bekende stoetboer van die plaas Voigtland, regs van die pad soos ’n mens lughawe toe ry, was besig om ’n grensdraad na te gaan toe een van hulle tussen 11:00 en 12:00 ’n menslike hoof ontdek. Volgens hoofinsp. Amulungu het hy die ander nader geroep, waarop hulle ook op ’n kuit afgekom het.
Die werkers het alarm gemaak by mnr. Voigts, wat onmiddellik die polisie op Hosea Kutako in kennis gestel het. ’n Verdere soektog binne ’n 500 meter radius van waar die kop gelê het, het nog ’n kuit en twee voete opgelewer.
Die misdaadtoneel lê sover vasgestel kan word aan die regterkant van die pad, oos van die afdraai na Dordabis en duskant die busstop waar ’n grondpad noord afdraai na Neudamm.
Volgens hoofinsp. Amulungu is dit onseker hoe lank hierdie dele van ’n onmenslik geskende liggaam aan die elemente blootgestel was. Dit het volgens beskikbare inligting reeds minstens “’n tydjie lank” in die veld gelê.
Hoofinsp. Amulungu het egter gesê ontbinding het blykbaar nog nie ingetree nie. Die persoon se gesig is dus nog herkenbaar.
Dr. Paul Ludik, direkteur van die Nasionale Forensiese Instituut, wou met ’n besoek aan sy kantore geen inligting bekendmaak behalwe om die vonds te bevestig nie. Volgens hom is hy vol moed dat die jongste ontdekking talle leidrade sal oplewer.
Hy wou niks sê oor die moontlike identiteit van die oorledene nie. “Ek is ’n wetenskaplike. Ek werk met feite,” het hy benadruk.
“Ons werk onverpoosd,” het dr. Ludik verseker.
Volgens hoofinsp. Amulungu kan die polisie hulle nie uitlaat oor verbande met die torso en bobene wat reeds in die polisielykhuis was voordat “wetenskaplike bewyse” beskikbaar is nie. Hoewel die polisie onlangs gesê het hulle is byna 99 persent seker van die identiteit van die Ripper se jongste slagoffer, is daar nog geen amptelike aankondiging in hierdie verband nie.
’n Span draadspanners aan die oorkant van die pad met wie Republikein gesels het, het vertel dat die polisie die gebied langs die B6 in ’n vee-operasie uitvoerig gefynkam het. Van die speurders in die anti-Ripper-span was toe steeds langs die hoofpad ontplooi.
Die Khomas Ripper word ook as ’n verdagte beskou in die moorde op mee. Melanie Janze (22) in Augustus 2005 (haar naakte liggaam is naby die Van Eck-kragsentrale gevind), die 21-jarige Juanita Mabula (haar onthoofde liggaam is in September 2005 naby die Westelike Verbypad in die omgewing van die Windhoek HTS ontdek en haar kop byna presies ’n maand later naby die afdraai na Groot-Aub op die Windhoek-Rehoboth-pad), asook die 18-jarige Fiola Swartbooi, wie se oorskot in Desember van dieselfde jaar in ’n vlak graf op Rehoboth ontdek is.
Die polisie was volgens die jongste inligting laat gistermiddag reeds besig om familie van vermiste vroue te kontak om hulself opnuut te staal vir die trauma van ’n besoek aan die lykhuis. Hoofinsp. Amulungu het ’n breë versoek gerig aan die naasbestaandes van enigiemand wat onlangs weggeraak het om direk met die lykhuis by 061 209 4235 te skakel as hulle ’n uitkenning wil probeer doen.

Nogsteeds snotterig….

smurfs_picture_sick_smurf.jpg

Ek het nogsteeds n vieslike verkoue/griep mix,my neus is geclog en hy brand n poef hou!!!!Dit is steeds vieslik koud hier by ons……

Vrydagaand se Robbie Wessels was baie cool-ons het omtrent lekker gekuier…..die arme dude het nie geweet wat hom tref nie,ons het na die tyd baie lekker gekuier saam met hom….sy tjom Eugene(die blonde koppie van Hart van staal)het blykbaar gaan doedoe..want die is verloof en moet natuurlik soet wees.Hiehiehie!!!!

Saterdag se Biltongfees was nou nie juis wat ek verwag het nie-dit was maar dripperig-stalletjies te min en die meeste mense het net gechow en gedrink…..hulle het die show van Nicholas,Nadine,Zak en Thys in n biertent gehou…wat baie simpel was want daar was so baie mense-dit was overcrowded-hulle moes dit eerder open air gemaak het…..Zak is omtrent n moerse komedie-ek het omtrent lekker gelag vir sy dingetjies…..Nadine het n paar mooi goed gesing…..hoekom hou vas sy altyd haar maag as sy sing?Nicholas het weer soos n rocker gelyk met sy nat haartjies en levi’s……maar sy show was ook cool-die vrou mense in die tent het omtrent gedrool……ek dink die fees gaan meer oor die kunstenaars..want verder gaan daar nie eintlik veel aan nie,tot Hentiesbaai se Visfees is lekkerder…..en toe gryp twee vrouens mekaar mos daar in die crowd terwyl Nicholas sing….die een het op die tafel voor die ander gestaan…en dis met die dat sy haar toe aan haar hare van die tafel afpluk…..wil jy nou meer..dis mos gewoonlik die mans wat mekaar te lyf gaan…..

Ons het Saterdagoggend ons nuwe Bantam gekry -hy is so blou bul blou en sy naam is bulletjie…..is nogal n 2007 Model……tog n ou koddige bakkie.Shame my verloofde was soos n kind voor n krismis boom met baie geskenke……!!!!!

Die trou reelings kom goed aan…ek gaan vanaand weer vir n pas…..ek kan nie meer wag om te sien hoe my rok gaan lyk as hy klaar is nie….daai lemmetjie groen is divine mooi.

Die ouditeure kom vandag en ek is nou glad nie lus vir hulle nie……!!!!!

Hoop almal het n b-e-a-u-t-i-f-u-l dagie!

troedelkies

xxxxx

Design a site like this with WordPress.com
Spring weg