Die man met die blou oë en magnetiese kake…..
Toe ek in standard ses gekom het(Hoërskool Walvisbaai),was ek in die koshuis – n privaat koshuis met baie lekker voordele en sulke dinge….eendag tydens studie tyd,het daar n outjie in gekom om die koshuismoeder te sien…..hy was matriek..ek weet want ek het hom al baie in die skool gesien…..dit was die aantreklikste man wat ek nog ooit in my lewe gesien het,hy het sulke baby blue slaapkamer oë gehad…..hulle het gelyk soos handjies wat wou sê kom nader….kom binne….hy het n sterk gesig gehad,mooi gevorme wangbene en daai kake – sal ek sê die onderste deel van sy gesig was fantasmagories soos Paula sou sê…..sy lippe was soos n magneet…..ek kon nie ophou staar nie.Hy kon mooi dans ook,ek het hom opgestaar by die skool sokkies…die manier hoe hy oor die vloer gegly het met n meisie in sy arms.Ek het elke aand van hom gedroom….ek het hom altyd gesoek in die gange..net om te staar.Toe ek in standard nege kom….het my ma my vertel sy het n ou jarelange vriendin raakgeloop,wat ons ook soms kleintyd opgepas het…volgens my ma was hulle soos vinkel en koljander…..ons word toe oorgenooi na hulle toe.Hulle het in walvisbaai gebly…daar gekom sit ons vroutjies in die kombuis…die tannie sê ewe my seun sal ook nou nou terug wees…..nog so gesit toe gaan die sifdeur oop en daar verskyn hy…..met die baby blue eyes en magnetiese kake……dis toe al die tyd haar seun en ons het blykbaar kleintyd vreeslik lekker saam gespeel….hy het my toe erken van die skool af…..hy en n pel van hom het toe later vir my Elaine(my Twin)gevra om saam met hulle na n pool plek te gaan….ons moet n bietjie pool gaan speel….na daai dag het ons al hoe meer oor en weer gekuier…….en die malemeule in my het al hoe vinniger gegaan elke keer as ek hom gesien het……Ek het geweet in my hart ek wil dit hê – ek wil hom hê…….en die chemistry wat daar tussen ons was…was magical….net jammer ons was so blind teen dit.Hy en my suster het toe n ding aangehad en ek en sy neef…..ek het met sy neef n ding aangeknoop om een rede en een rede alleen…..ek kon dan altyd naby hom wees.Ek weet nie of hy iets besef het of wat nie…maar eend aand het dinge verander en en die neef was uit…ek kon nie meer vir myself lieg nie…..ek kan nie onthou wat tussen hom en my suster gebeur het nie…maar ons twee het toe saam opge-eindig in hulle tuin op n muurtjie…..daar het ons vir ure gechat…..en daar kom die true feelings toe na vore en van toe af was ons saam……..die verhouding was van toe af magical…..tot eendag – toe breek hy my hart in duisende stukkies……dit was my eerste heartbreak in my lewe en dit was seer baie baie seer……..die lewe het aangegaan ons was uit mekaar se lewens………ek het hom nie weer gesien nie nooit weer nie tot gisteraand in Kiepies ons local langarm nes,ek kon dit nie glo nie – sy oë was nogsteeds baby blue en daai kakebeen was soos n magneet.Gewoonlik as ons kiepies toe gaan kuier ons die hele plek vol ons ken verskriklik baie mense – so ek en my verloofde sien gewoonlik baie min van mekaar tot een wil huistoe gaan….ons dans oor en weer met pelle en kuier net lekker……ek het hom toe weer vir n dans gevra en ek bedoel dit as ek sê nie een man het nog ooit dit aan my gedoen wat daai ou aan my doen deur net met my te dans nie…….ons het toe gechat – een moerse trip down memory lane gehad wat wondrlik was…..ons het oor die present ook gepraat,oor dinge wat ons regret en al daai eerlike foefie…..hy sê toe vir dat hy bitter spyt is omdat hy destyds my hart gebreek het….as hy nie het nie…was ons dalk nou nog saam…..en ons was perfect saam…..ons lewe altwee in die clouds,ons droom,ons lewe op musiek…..ons lewe op purple rain…..maar dis te vokken laat…..ek trou oor vyftien dae…..nou my vraag is hoekom het ons paaie nie vroeer weer gekruis nie,hoekom nou twee weke voor ek moet trou……dis absurd….nou top ek weer vir dae oor wat as…. en hoekom…..en en en …….




