Nog 5 werksdae…….
Ja nê – nog net 5 werksdae dan begin my vakansie amptelik.Ek kan nie meer wag nie,dit was n tawwe jaar en ek is moeg…..Tussen nou en my laaste post het daar nogal baie dinge gebeur.My man het verlede week maandag ook n werksaanbod gekry – teen donderdag was dit finaal en vrydag het hy bedank.Hy is baie opgewonde oor die nuwe werk daar is meer uitdagings en die voordele is net soveel groter.Ons gaan byvoorbeeld n petrol toelaag van n duisend rand n maand kry en julle weet hoeveel dit n mens kan help – aangesien die petrol prys so knaend styg en dis n groter besparing in ons budget.Hy kry ook n winsdeling.Ons altwee sien uit na n blink nuwe jaar – dit het nou wel beteken dat ons , ons verlof moes opgee,want hy moet nou sy kennis maand deur Desember werk,maar dit pla my nie – dis immers vir ons toekoms en dis belangrik. N Mens kan altyd weer op vakansie gaan.So ek doe nook die tuinroete die vakansie,ek het gelukkig n hele paar dingetjies wat ek in my huis wil uitsort – goed waarvoor n mens nie tyd kry in die jaar nie.
Ek sukkel om al my goedjies by die af te handel,want daar is elke dag nog iets anders by en dan moet ek nog iemand vir my pos train ook.Almal sê ek en my man is baie gelukkig,ons is pas getroud en nou he tons n blink toekoms om na uit te sien.Ons begin mos die nuwe jaar met vars nuwe planne en dinge.
Ek is net tot die 14de Desember beskikbaar by my huidige email adres – ek sal sodra ek n nuwe mail adres het by die nuwe werk julle almal laat weet.Tot dan toe is dit maar Facebook en Blog…..ek sal so deur die vakansie probeer om te blog en bakkiesboek te update.
Ek gaan probeer om wee rte blog voor ek op vakansie gaan,maar ek belowe niks nie.Dis net so flippen grazy hier by die kantoor – everybody wants a piece of me……
As ons nie weer gesels nie – dankie aan almal wat my blog so gereeld besoek en dankie aan al my nuwe maaikies,julle moet n wonderlike kersfees hê en n voorspoedige nuwe jaar,ry veilig en wees versigtig – die crime is nou erger as ooit.
Ons maak volgende jaar weer so…..
Baie liefde en groete
Ekke
xxxxxxx


