Archive for the ‘Uncategorized’ Category

In Contact

Aan my bloggervrinne wat dalk in kontak wil tree – ek mag dalk net weer my password verloor na my blog toe soos wat nou gebeur het…..maar na n lang gesukkel is ek weer met almal…..

Skype: lanakie35

Mxit: vra my en ek se jou of add jou…….

Email: lanabalhao@gmail.com

Facebook: Lana Balhao

 

1163920477-1162651963075

Die mooiste tyd in die jaar……

white-christmas-tree-decorations

Dit is tog die mooiste tyd van die jaar en wie sien nie uit na die feestyd nie – dis asof die hele wereld in n ander vibe ingaan – silly,festive,giving…….ag ek love dit…..

Ek dink vanoggend iewers in my lewe wil ek nog regtige sneeu sien en n sneeman bou en die beste van als n regtige white christmas beleef……..

Net eers my wense ook uistuur aan al my blogvrinne voor ek weer vergeet….

Mag julle almal n vredevolle pragtige krismis hê en n hop-skop stunning nuwejaar……Dankie aan almal wat my plekkie visit – ek waardeer dit baie  en hoop julle gaan nog baie kom kuier……en weereens jammer ek het julle en my blog so afgeskeep – dit was n onwerklike jaar en ek kan nie wag vir die nuwe een nie……I need to close the chapter of 2008 en vinnig ook…..

Ek love jul almal en die persoon wat blogging uitgeving het – you rock !!!!!

Baie liefdetjies en seeninge.

xxxxx

Lana

vreemdeling in die spieel

Hoe is dit moontlik dat een mens so bitter en kwaad(dit is wrong I know,maar ek kan dit nie help nie) kan wees teenoor n ander mens – ek wil gil – teen die mure uitklim………hoe maak jy as dit voel of iemand of iets jou bietjies bietjies verwurg, soveel so dat jy letterlik kortasem raak……

Ek dink my brein is te klein om die besigheid te verstaan – want ek het al wrede mense in my lewe ontmoet – maar die vat die koek…….hoe kry een mens wat veronderstel is om n hart te he dit reg om n ander so te vernietig……..

Waar begin tel jy die stukke op – watter gom werk vir n broken heart,waar soek n mens jou siel – hoe maak jy as jou kop met jou baklei en jou liggaam op jou skree……en as jy in die spieel kyk – besef jy – jy herken nie jouself nie……. Dis n vreemdeling wat terug kyk………

s_harmon_wondering_woman

Ek kon nie Resist nie………

funny2

Gedagte…….

jalapenos_small

My peetkind!!!

picture-073

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Is sy nie b – e -a – u – t – i – f – u – l nie?????

picture-074

n Quick hello!!!

Ja julle almal het seker al gedink – what happened to her…… Nee ek is nog hier en springlewendig….maar ek kan julle verseker dat ek een tawwe jaar agter die rug het……..ek kan nie wag vir die nuwe jaar nie – new year, new leaf “touch wood” In short – ek is ampe n ex getroude vrou – twee redes: Egbreekpleeg en Battering…….die niceste goed waaroor jy jou partner kan los…….ja dit het maart begin en eventually Augustus het ek die guts gehad om te gaan…….maar dis n storie vir n ander dag……al wat ek kan sê is ek wens dit nie vir my grootste vyand toe nie – veral nie die battering en abuse nie….

 

Ek los julle met een scenario – – wat maak jy as n man n vrou aan die keel gryp en teen die muur optel????????

 

Troedelkies vir nou……

Vir jou vandag……

Baie klein klippies maak n groot berg…

Klein treetjies dek groot afstande,

Klein bietjies omgee bring groot vreugde…..

Klein woordjies kan groot probleme uitstryk en

Klein liefdesblykies droog groot trane op.

n Klein liggie verdryf groot donkerte…

klein herinneringe hou vir jare,

klein drome kan lei tot enorme dinge….

Klein oorwinnings tot groot sukses –

Dis die klein dingetjies in die lewe…

Wat die grootste geluk bring!

 

Mag jy n fantasmagoriese dag hê!

Ek lewe nog…

Hi jule,ek lewe dam nog dinge is bieki af,ma ek sal no gereeld probeer blog. Liefdetjies

n nuwe jaar

En so is ons aan die begin van n nuwe jaar – hoop almal het n wonderlike vakansie gehad.Myne was lekker – maar ek kon nie wag om te begin werk nie,want soos julle weet het ek by n nuwe werk begin – ek werk nou by Methealth Namibia Administrators in die IT department as Administrative assistant – dis baie interesting en n hele ander rigting as waaraan ek gewoond is….maar dis cool want finally is ek in n posisie waar ek verder kan leer en myself opwerk – die opportunities is daar.My man het ook by n nuwe werk begin,hy is net so gelukkig – kla net oor die voete aangesien hy nie gewoond is aan die baie staan en rond harloop nie – voorheen was hy vas agter n lessenaar.Die toekoms lyk blink en so ook die jaar wat voorlê…..ek is baie opgewonde!!!! Ek sal so gou moontlik weer n post probeer plaas – moet net eers my voete vind hier in my nuwe omgewing en ek is vas van plan om later in die maand n computer vir my huis aan te skaf.

Geniet die dag verder

Troedelkies xxxxx

Design a site like this with WordPress.com
Spring weg