Ek is deur Jo-Ann ge”tag” – meaning dat ek nou 8 feite oor my self moet publiseer wat my mede-bloggers dalk nie geweet het nie.
1.My popularity poll op skool was nie te hoog nie – ek was maar n bietjie van n boekwurm(ek lees nogstaads baie)in std 8 het ek uit my kas uitgeklim en toe was die hel los…..
2.Dis waar die rokery ook begin het in std 8.Ek rook nogsteeds – ek het in 2006 Stuyvesant filter verruil vir Stuyvesant Menthol…..
3.Ek het in matriek baie van my klasse gebank en iewers op die speelgrond saam met een van my vriendinne gaan ontspan met n sigaret.
4.Ek moes altyd vir ons afrikaanse juffrou gaan tee maak het en dan het ek myself ook sommer met n koppie koffie gehelp in die personeelkamer(dit was nou tydens die periode)
5.As ek sondae niks planne het nie – loop ek heeldag met my PJ’s rond.
6.Ek het al dagga gerook een aand saam met n klomp pelle,maar dit was ook laaste.
7.Ek is dodelik bang vir geitjies – ek ril my dood as ek die goed sien.
8.Ek het in std 7 n outjie geklap wat by my aangelê het – hy is nou half doof in sy regteroor waar ek hom geklap het.
Ek “tag” vir Neykie,Feetjie en Sharks.
Comments on: "Tag" (2)
Nogal in jou PJ’s huh? Hoop dis cool PJ’s. 🙂
dankie vir die tag maar ek gaan defnitief nie nog 8 goeters oor myself kwyt raak nie….
ek het in std 4 ‘n outjie ‘n klap gegee,nadat hy my wiel afgeblaas het oor ek syne afgeblaas het. Sy ma het my pa ‘n besoek gegee, my pa was aan my kant. 😆
geniet jou dag