Kinders…..

Kinders is n pragtige geskenk wat ons van Bo ontvang – skynbaar dink party mense nie so nie…….n ding wat ek nie kan klein kry nie – is die feit dat daar nog mense is wat dink jy kan n kind se liefde koop met geld in die vorm van geskenke en so aan.Ek ken so iemand hier in my midde – ek sê mos altyd haar kinders kuier altyd net by haar en bly by haar ma – die enetjie is nou graad een en die ander een drie……die enetjie van drie is driekwart van die jaar op die plaas,inteendeel hy is op die oomblik alreeds amper vir n maand daar – die dogtertjie kan net vakansies gaan.Nou kyk my ding is ek het nie n probleem met die feit dat kleinkinders by hulle oumas en oupas kuier nie – iewers is daar tog mos grense – dis mos nie logies dat jou kind meer by sy ouma is as by sy ma nie – en dis nie dat hulle swaarkry of so iets nie – hulle lewe gemaklik – maar die kinders word al ewig omgekoop met duur speelgoed en klere en sulke dinge ,die res van die tyd irriteer haar kindrs haar blykbaar – sy vertel mos sommer maklik vir die dogtertjie in ander se geselskap – jy irriteer my gaan speel of sy sê my kinders irriteer my so – sulke goed!Nou kyk daai kinders is goddelooslik stout – as jy hulle net sien dan wil hulle al klaar neuk,sonder dat hulle enige iets gedoen het…..as sy nie skree op die kinders nie dan koop sy vir hulle duurste goed – Bv die dogtertjie het nou die dag n stootwaentjie(pram) vir haar pop gekry – PRYS = N$700.00 – dis belaglik man en sy is nou eers sewe……die kinders moet elke vakansie plaas toe – hoekom gaan hou nie vir n slag met hulle bietjie vakansie nie – nee as hulle op die plaas is dan is hulle mos onder haar voete uit…..die kinders moet alweer desember by ouma spandeer en kersfees ook – is kersfees nie veronderstel om die tyd van die jaar te wees waar jy saam met jou kinders moet wees nie – nee sy en manlief gaan eerder saam met hulle gatgabba vriende kamp…..ek het nie tyd vir sulke mense nie – sy het mos geweet toe sy met haar beentjies loop oop lê het – waarvoor sy haarself inlaat…..ek glo vas sy het te jonk kinders gehad – sy het hulle gemaak en haar ma en die huishulp maak hulle groot……daai kindertjies hunker so na liefde – as hulle ons sien – dan spring hulle en deel drukkies uit…..n ander ding is – die ma skree en skel hulle as hulle stout is en dan troos die pa – so sal hulle mos nooit leer nie…..ek het al met iemand hieroor gesels en die persoon het vir my gesê Lana jy moet onthou dis nie hulle skuld nie – dis hulle ouers se skuld dat hulle so bederf en stout is….
En weet jy ek self het nog nie kinders nie – maar ek ken darem kinders ek self het n boetie wat nou eers nege is…..Daai dogtertie is n regte juffrou wil net die beste hê,sy skree op haar ouers,gooi tantrums,gil en al daai nonsense – hoe gaan sy wees as sy 13 is????dis mos nie reg nie – n mens maak mos nie so nie – daar mense wat bitter graag kinders wil – wat nie kan kry nie…..miskien oordryf ek n bietjie maar ek het myself voorgeneem die dag as ek kinders kry – sal hulle weet wat liefde en en hulle sal dit op die regte manier in oormaat kry……laat ek nou maar nie verder gaan nie – netnou sê ek dalk dinge waaroor ek later gaan spyt wees….n laaste dnig voor ek afsluit – ek het daai kinders nou al n paar keer gebabysit en jy sal nie glo hoe soet hulle is nie – ek blaas nou nie my eie beul nie,maar ek speel met hulle en gee vir hulle aandag – sy vra my altyd was hulle stout by jou – dan sê ek nee en sy glo my nooit nie……Dan wonder n mens……

Comments on: "Kinders….." (5)

  1. neykie's avatar

    genade, ouers van vandag het net glad nie meer tyd vir hulle kinders nie, ek is darem een van die bevoorregtes wat streng groot gemaak is en ek is blerrie dankbaar daarvoor. Hoekom is kinders altyd soet by jou maar nooit by die ouers nie? I wonder……..

  2. boendoe's avatar

    Die kinders is soet by jou want jy gee hulle AANDAG! Kinders wil nie geignoreer word nie. Dis wanneer hulle met slegte gedrag probeer aandag trek.

  3. Dellie's avatar

    Dis wonderlik wat ‘n bietjie opregte belangstelling en aandag kan doen, ja. Ons het ook jare terug sulke mense geken, en as daai drie dogtertjies vir Liefie gewaar het, het hulle hom amper onderstebo gespring. Hy het altyd met hulle gespeel, maar hulle het nooit, ooit sulke spontane speeltyd saam met hulle pa gehad nie. En die ma het hulle ook altyd verneder voor almal, met daai “gaan speel, jy irriteer my” houding. Glad nie nice nie.

    Ek dink sommige mense moet eers ‘n kursus doen en ‘n toets deurkom voor hulle toegelaat word om kinders te hê.

  4. Jo-Ann's avatar

    My seun het vakansies by sy ouma op Gansbaai en, later in Kraaifontein, gekuier. Die eerste paar dae “ek-tyd” was lekker maar dan het ek begin verlang. Ek het hom sy kuiertjies gegun. En sy ouma het hom geniet en hom bederf. Ons het egter nooit ‘n Kersfees saam gemis nie.

  5. Kokkewiet's avatar

    Ek stem saam met Dellie, party mense moet eers ‘n kurses deurkom voordat hulle dit kan oorweeg om kinders te hê.

    Wat die omkoop met geskenke betref kan ek ook saam praat. My seun se pa doen dit. Hy sien sy pa net een keer elke drie maande as hy gelukkig is en dan word daar ook duur geskenke gekoop. Dis nou al so erg dat as my seun sy pa sien vra hy hom: “Wanneer gaan ons winkels toe?” Dit is virmy heeltemal verkeerd, maar praat help nie.

    Ek probeer maar net my seun leer dat geskenke nie alles is nie, maar ‘n kind bly ‘n kind nê. Ek dink dat my seun weet dis al wat hy uit sy pa gaan kry en daarom vat hy dit.

    My seun het ‘n baie beter verhouding met die mans wat in dieselfde kompleks as ons bly as met sy pa. Ek hoop dat as ek eendag iemand ontmoet – hulle ook goed oor die weg sal kom.

    Lekker dag vir jou

Lewer kommentaar

Design a site like this with WordPress.com
Spring weg