Gedagtes….

Gisteraand toe ek in die bed lê – dink ek toe nou so bietjie oor dinge, baie dinge…..oor my post van gister – oor die verlede – oor waar ek nou in my lewe is – en waarheen ek oppad is…..en toe val die topic my by waaroor ek en my vriendin gereeld moan en groan……Ek meen ek is nou 23 sy 25….aan die begin van ons lewens – en alreeds ek moeg vir die elke dag se dinge…….vandat ek Windhoek toe getrek het – dis nou 2 jaar terug….voel dit asof ek te vinnig “grootword”bedoelende – ek werk van agt tot vyf  elke dag – kom in die aand by die huis…maak kos….maak skoon….strykNaweke het ons n afspraak of twee en die res is dit springclean,klere was en the list goes on…..hoe cope jy as jy nog kiddies het ook…..en werk en al die ander dinge……gaan jou liggaam in overdrive in of hoe maak jy-as ek nou al party dae so moeg en gatlam is vir die dinge – hoe gaan dit oor vyf jaar wees?

So nou en dan gebeur daar iets om oor huis toe te skryf – maar dis nie naastenby genoeg om die bogenoemde takies uit te kanselleer nie – meaning sodat jy nie mind om dit te doen nie,want die nou en dan se excitement maak op daarvoor…..is dit weird van my nog n bietjie spice in my life te wil soek…..of loop die bogenoemde roetine so tot jy die dag aftree….Ek meen ek wil baie graag eendag kinders hê – op die staduim skop ek nog vas,want hoe kan ek nou kiddies wil hê as ek hunker nog meer in my lewe – gisteraand toe ek besig was om kos te maak – loer ek so ondelangs na my man wat voor die TV geparkeer is….en ek wonder – moes ek nie eerder na skool oorsee gegaan het en getravel en gewerk het nie – soos al my andr buddies nie – meeste van hulle operate steeds oorsee,een van my vriendinne werk op n cruiseliner en as ek so na haar fotos kyk – wonder ek……maar ek het nie….ek het soos al die ander begin werk en nou op drie en twintig voel ek soos n ou getroude vrou van 40 of 50……..

Dis altyd dieselfde………ek soek opwinding…..ek wil hê my man moet my verras……ek wil opstaan elke dag en voel wow dis vandag weer my dag…..ek wil in die reen dans – sonder musiek met my man….ek wil saam met hom op n dik persiese mat lê en wyn drink en nie moet dink shit ek moet die was,daai stryk,sy maag vol kry,môre is weer werk!!!!!

Ek dink dis hoekom ek so baie droom en myself verloor in my drome en dan sukkel ek vir dae om weer op reality te focus…..ek luister na musiek terwyl ek werk en raak so weg – dat die telefoon my byna van my stoel af laat spring as dit lui…….

Poefffff!!!!!!

Reality check – tyd om te arbeid….

whooppeeeee!!!!!!!

Comments on: "Gedagtes…." (2)

  1. feetjieland's avatar

    Vriendin, jy is so baie soos ek, lol, of ek soos jy! Ek word Sondag 29, het 2 kinders..en soek nogsteeds opwinding!!! Ek raak gatvol vir die roetine, ek is nog so jonk van gees,ek wil lewe!! Maar ek is vasgevang in die tronk van verantwoordelikhede, kinders, huishouding,werk…ens…ens…so ja, wanneer ek baie depro raak, ontvlug ek na my “droomwereld”, waar my fantasiee soos realiteit voel! Ek het ‘n baie goeie verbeelding en kan my so daarin leef, dat dit amper, amper werklik voel.

  2. Jaco's avatar

    Dit my liewe Lana, is waarmee 95% van ons almal daagliks moet cope. Daai lewe waarvan jy praat is slegs beskore vir die super ryk en super kreatiewe mense.

    As jy nie een van bg. is nie, stel ek voor jy raak dit maar gewoond. Want dit hou vir ‘n leeftyd aan

Lewer kommentaar

Design a site like this with WordPress.com
Spring weg