So sien ek toe mos die hele week uit na vandag – want n paar van ons het besluit aangesien dit loslitdag is – maak ons sommer toe n tema daarvan en beluit toe op n ‘ Flower Power’ tema.
En so put ek my toe uit vanoggend – staan vroeg op,doen die hare met blommetjie knippies,trek ek lekke bright coloured blom hemp aan,romp en pienk skoene met blommetjies op – teken heel oulik n daisy op my wang en skryf op die ander een flower power…..by die werk gekom sien ek my beste vriendin het ook baie moeite gedoen……en die res,ja wel dis n lost case – ek kan mos nie verstaan hoekom mense so droog en stuck-up kan wees nie.
Dis nou soos verlede jaar toe ek en my vriendin die jaar eindfunksie gereel het – ons maak dit toe black tie m.a.w dis aandrokke en strikdasse…..ek en sy trek toe sulke moerse grand aandrokke aan – lyk of ons na n bal toe gaan en die res daag op met gewone semi-formal elke dag klere op.
Hoekom kan ander companies altyd so volstoom wees en met dress-up themes en even corporate sportdae dan dress hulle ook op.Ons het hierdie jaar met die dragonboat race – ons vervelig ou company hemde aangehad en al die ander companies het op gedress.
Dis vir my sommer plein ‘VATLAP”.
In a way bou dit mos tog bietjie die company se moraal ook op en geesdrif,maar nee die klomp dik droe drolle in die company is so styf soos more heeldag.
Ek en my vriendin het nou besluit ons gaan hierdie jaar iewers nog n droe drolle dag hou – dan sal ons nou sien!!!!!!
My hele vrydag is sommer nou gespoil – dammit!!!!
Anyway dis my issue vandag – ek is van maandag tot woensdag nie op kantoor nie,ek sal eers weer donderdag weer terug wees,maar ek sal my blog dophou.
Ek groet julle vir eers dan in vrede en liefde – mag almal n hop-skop naweek hê.
tjortsies
xxxxxxx
Comments on: "Droe drolle……" (4)
Hallo Vriendin! Sjoe ek het jou gemis! Ek is darem weer terug !
Some people just don’t do fun! Die lewe gaan by hulle verby! Maar moenie dat dit jou
afsit nie, maak of jy mal is en doen alles! Solank jy joune ten volle geniet!
Hi, ons dra elke dag ‘gewone’ klere. ‘n Paar van ons het toe besluit om ons company hemde met jeans aan te trek en ons hare vol ponies te maak – selfs die een man by ons het deurgeloop met so 3 op sy kop. Gelukkig was die baas se vrou op verlof vir die dag, want as sy so iets moet doen, sou sy seker eerder sterf!!!
Droë drolle gee my ‘n kramp!
Moet sê, ek mis nogal die fun in die kantoor, noudat ek vir myself werk. Ons het elke jaar een of ander wilde tema uitgedink en genuine opgedress – dit was altyd hope pret!
Dis NES jy daar se^. Ek werk elke jaar my boude af aan ‘n jaareindfunksie (en ek is ‘n girl vir detail, niks word half gedoen nie), net om ‘n gemoan oor alles te hoor. Die een hou nie van dit nie en daai een nie van dat nie. Mense is nie net droog nie, hulle is ondankbaar ook. Inelkgeval, solank julle dit geniet het!