Vandag toe ek so rondkrap in my mailbox-toe discover ek weer hierdie een…….ai dit was nou weer n lekker lag vir n donderdag…..O’ja goeie nuus raai wanneer word my twin se eersteling gebore………..op ons verjaarsdag…flippin cool nê!!
hoop julle geniet dit so baie soos ek..
Etiket deur Nataniel
Dit is nou raakgevat Werksdrag:
Wit sokkies word NOOIT by werksklere gedra nie, net pedofiele doen dit. Jou sokkies se kleur moet by jou broek se kleur pas, donkerblou of donkergrys sokkies pas nie by ´n swart broek en swart skoene nie. Van skoene gepraat; jy dra nie skoene met sole van meer as 1cm by ´n pakbroek nie. Onthou, hoe hoër jy staan hoe harder val jy.
En as die skoen enige gekroomde metaal aanhet, dra jy dit glad nie (behalwe as jy navorsing oor magneetvelde doen).
´n Das by ´n kortmouhemp lyk moer kommin en das wat te kort is, lyk nog erger.
Effekleurige dashemde met wit krae is dood, brand of begrawe dit. Moet nooit ´n geel das dra nie, dit lyk of ´n heks op jou gebraak het. Moet ook nooit ´n das met Disney-karakters dra nie, as jy ernstig opgeneem wil word, moet jy soos CNN lyk, nie soos Cartoon Network nie. Colour-code beteken NIE dat jou Disney-karakter kouse en das bymekaar moet pas nie.
Informeel: Swart belde of skoene word nie by blou jeans gedra nie. ´n Beltbuckle wat groter is as jou kop word slegs gedra as jy op vakansie is in
Texas
of Vereeniging.Jy dra nie ´n afmou hemp in die publiek nie, die cherries spek jou wel meer, maar dis slegs uit skok, jy fire nie hulle jets nie. PT-broeke met die ¨slits¨ aan die kante lyk, en is, ongemaklik, moenie dit dra behalwe as jy ander gay mense opgewonde wil maak nie.
Die hele doel van ´n pet, is om die son uit jou oë te hou, nie uit jou ore of agterkop nie, dra die afdakkie na voor en as jy onder dak inloop, haal dit af.
Jou broek se bokant moet op jou heupbene sit, nie onder jou gat of onder jou arms nie. Niemand stel belang hoe jou boxer lyk of watse snaakse vorme jou genetalië onder druk aanneem nie.
Bykomstighede: ´n Sonbril hoort op jou oë, in sy sakkie, of in jou hand, nie op jou kop, om jou nek, of voor aan jou kraag nie. En haal tog jou sonbril af as jy met iemand praat, behalwe as jy nou net iets gesteel het.
´n Selfoon moet nie aan jou belt gedra word nie, dis ´n Nokia, nie ´n Beretta nie.
‘n Belt is gemaak om jou broek bo te hou, nie vir jou selfoon, knipmes, Leatherman, toolbox, Beretta, Beretta se laserscope, Beretta se ekstra petrone, bottletjie haarolie, kondome, ens nie.
Jou kam hoort in die badkamer, nie in jou kouse nie, maak nie saak wat jou pa gesê het nie! En haarolie is iets wat deur die Natzi’s uitgedink is om vroue reg oor die wêreld te pynig, hulle noem dit massamarteling.
Wenke aan die dames:
Daar is niks so mooi soos ´n kant boudeflossie wat net so effens uitsteek nie. Maar met die klem op ¨net so effens ¨.. Ek kry trane in my oë as ek van agter vir vrou loer en dit lyk of haar boude besig is om haar g-string op te eet.
As jy ´n rolletjie (of twee of drie…) het, moet asseblief nie ´n ¨ boob-tube¨ met ´n oop maagie dra nie, ´n stukkie suurdeeg wat oor ´n belt borrel is verkeerd in enige boek.
Alhoewel jy baie trots voel daarop, wil ons asb. nie jou nuwe naeltjie ring sien nie, vernaam nie as jy die rolletjies eers moet oopvou terwyl jy met die ander hand ‘n metaalverklikker gebruik om die dingetjie te probeer opspoor nie.
Onthou tog asb. om in die spieel te kyk voordat jy uit die huis gaan in die oggend, dit mag dalk vir jou lyk asof die mensdom jou bates wat uitpeul bewonder, maar wees verseker dat hulle jou in skok en verbasing aanstaar, nie bewondering nie.
Wees asb. versigtig wanneer ‘n broek gemaak uit die nuwe rek materiaal gedra word – vernaam in wit/beige – dit lê beslis klem op alle bewegende dele asook haelduike – die term “twee varkies in ‘n nat streepsak” is hier goed van toepassing.
troedelkies
xxxxx
Comments on: "Etiket…." (1)
Dit was nou lekker lag! As ek my nie misgis nie, was dit iets wat Nataniël geskryf het . . .? 😀