Na aanleiding van n wonderlike vriendin se inskrywing van vandag…..
Ek is donderdag 2 maande presies getroud….. 2 maande wat actually gevoel het soos die afgelope 2 jaar wat ek al my man ken en saam met hom in n verhouding is - al wat verander het is my van…..en my man het bietjie verander - ek weet nie of dit net nou is en of dit is omdat ek nou sy vrou is,die verandering waarvan ek praat is nie te groot nie,maar groot genoeg om dit net net agter te kom - hy is n klein bietjie meer liefdevol - die slaapkamerliefde is dieselfde as toe ons kerel en aster was…..ag man ek weet nie hoe om dit te explain nie…..ek voel gelukkig getroud of ek dink so - okay die duiwel het my gery vir die twee weke voor ek moes trou,want ek was so deurmekaar soos kots in n tuimeldroer - en grootendeels is dit te danke aan n ou liefde wat ek raakgeloop en as ek sê n groot liefde bedoel ek soos in daai magical eerste liefde wat nooit verdwyn nie - daai gevoel en ja ek het so trip down memory lane met hom gehad en hy verklaar dat hy nou vir die res van sy lewe boet vir ons verhouding wat nie uitgewerk het nie - hy besef vandag dat ek sy eintlike groot liefde was en is….die poef is hy toor met my en met woorde - as ek hom nie weer raakgeloop het nie - sou hierdie diep verborge gevoel wat ek vir hom voel nooit weer ge-opper het nie,dit sou alles soveel makliker gemaak het - maar toe moes ek hom raakloop en alles het weer terug gekom na my……hy is anders as my man - hy is meer passievol,romanties,hy verstaan my - hy is diep en droom oor dinge wat ek elke dag van droom….die gedigte wat hy skryf - dit toor letterlik met jou …. sy oë klim diep in jou siel in en dan lees hy jou soos n boek - hy is soos elke meisie se fairytale prins….die romeo van romeo en juliet……okay back to reality - hy weet ek is getroud - hy wou my troue stop - hy het net nie geweet waar die venue was nie,ek het hom nie gesê nie - juis oor ek weet hy is in staat tot so iets - (by the way dis die man met die blou oë en magnetiese kake van n vorige post)ek weet nie of hy vrede gemaak het met die feit dat ek getroud is nie,ek persoonlik dink nie so nie,maar hy sê hy wil nie my lewe kom deur mekaar krap nie - hy wil net hê ek moet weet hoe bitterlik lief hy vir my is en dat hy enige iets sal gee om my aan sy sy te hê…..maar hy verstaan dat ek my liefde aan iemand anders toevertrou het…..hy wil nou by my weet hoe ons die dinge uit die weg gaan dryf…..
My kant - Ek is lief vir my man - ek weet dit,want elke keer as ek wonder daaroor dan dink ek net by myself - ek moet iets vir hom voel as ek tog my hele lewe opgegee het in swakop om by hom te wees ek het so baie opofferings gemaak,mense het seer gekry in die proses en hoekom voel ek hartseer wanneer ek en hy nie bymekaar is nie(distance gewys)dis tog n teken dat daar iets is……en ek het reg gevoel die dag toe ek tree vir tree kansel toe gestap het…..hy is goed vir my - hy help my baie in die huis,hy verstaan my nie altyd nie,maar hy kan nie lank vir kwaad bly nie,ons het al n paar hewige rusies agter die rug en dit het hom elke keer diep geraak want daar was trane……hy is eintlik wonderlik met sy blitsige humeur en als….sy ouers is wonderlik,sy suster aan die ander kant is n nagmerrie,maar ons is bekaafd met mekaar ter wille van die ander - so wat is nou eintlik die probleem????????????????Elke aand as ek in die bed gaan klim dan dink by myself ek gaan n goeie vrou wees en eendag n goeie ma vir my kinders - ek bederf hom natuurlik baie,ek hang sy klere elke aand uit,ek kook vir hom,ek maak skoon,ek tel agter hom op,ek bederf hom met n kosblik werk toe elke dag - ons as vrouens offer tog eintlik so baie op……en tog aanvaar ons dit net…hy is nie groot op die romantic ding nie - hy is straight forward,ek aan die anderkant is n moerse romantikus…ek weet hy is lief vir my en daarom sien ek maar daai goedjies oor - n mens doen mos maar…..dis moeilik,nobody said being married is easy….maar ek sal hard werk aan die huwelik,ek het n belofte gemaak aan hom……
Ek moet eers net hierdie innerlike konflik met myself uitstryk - ek moet besluit wat ek gaan maak omtrent meneer blou oë,ek moet hom die ding uit my system uitkry , niks het nog gebeur nie,dis net ons email en sms en ek vang myself time and again dat ek aan hom dink….maar ek gaan veg teen dit,dis te laat hy het sy kans gehad of verdien hy n tweede…nee ek weet nie,ek konsentreer op my man vir wie ek lief is en nie wil verloor nie.Ek moet blou ogies se chapter in my lewensboek afsluit,maar hoe?????
ek gaan die ding oorwin ek weet ek kan ek moet net uitfigure hoe - ek wens soms ek ws nie so diep emosionele mens nie..dan was baie dinge in my lewe baie makliker - maar ek moet mos altyd eers wroeg en vashaak op elke chapter in my lewensboek……
ek belowe ek gaan die ding oorwin - ek moet net sterker wees en glo ek kan…….