Ek sit nou die oggend by die werk en wag vir die volgende pasient omin te kom – nie lank nie hier kom n middeljare dame in…..baie vriendelik en aangenaam….sy sit heel rustig en wag haar beurt af om vir doker te sien….ek is in en uit met die tools vir dokter en maak nog notas ook in tussen…..
Sy is volgende en ek wys vir haar die stoel waar sy moet sit terwyl dokter al sy dinge regkry…..ek gaan sit skyns oorkant haar op my gewone ou plekkie pen reg in die hand om notas te neem…… My oog vang toe die dame op n heel ander manier as wat ek gewoonlik na die pasiente kyk…..Ek blaai toe vinnig terug in haar leer om by haar detail sheet uit te kom….jip en daar staan dit by haar marital status DIVORCED…….
Ek kyk toe weer op en na n ander manier na haar…..half dieper en sien toe wat ek gedink ek het….sy is agter daai vriendelik masker van haar so afgemaak, so so so sad , die lewe het haar verniel – miskien het sy n moeilike huwelik gehad – miskien was haar kinders moeilik….. haar voorkoms se sy gee nie regtig om nie – sy is verby die deel waar sy moet lewe sy is net nog hier…..
Haarkies is vuil en in n losbandige manier vasgeknip…..haar oe is moeg en die swartvlekke onder dit lyk meer na eyeshadow op die verkeerde plek aangewend….haar klere is oud en wil lyk of hulle 200 keer gewas is – diere hare van kop tot tone…..
Hulle se n mens mag nie judge nie …… en voor die ou woordjie EENVOUDIG in my klein brein wou oppop toe dink …..
Maybe was sy n elegante vrou op haar dae….n vrou van imborste en status n mooi vrou……maar nie meer nie….sy is verniel….
Deur wie……
N mislukte huwelik
N gemors van n man
Die lewe
Haar kinders
Of dalk verkies sy om so te lyk en wees……
Haar voorkoms se eks vuil moenie nader kom nie……
Vir oomblik daar het ek met al die gedagtes kennis gemaak…..
En toe is sy weg en ek het nie haar notas gemaak nie…..
observation….
Junie 24, 2011
Comments on: "observation…." (1)
Awesome stukkie skryfwerk!!