Archive for Januarie, 2008

n nuwe jaar

Posted in Uncategorized on Januarie 10, 2008 by lanaba

En so is ons aan die begin van n nuwe jaar – hoop almal het n wonderlike vakansie gehad.Myne was lekker – maar ek kon nie wag om te begin werk nie,want soos julle weet het ek by n nuwe werk begin – ek werk nou by Methealth Namibia Administrators in die IT department as Administrative assistant – dis baie interesting en n hele ander rigting as waaraan ek gewoond is….maar dis cool want finally is ek in n posisie waar ek verder kan leer en myself opwerk – die opportunities is daar.My man het ook by n nuwe werk begin,hy is net so gelukkig – kla net oor die voete aangesien hy nie gewoond is aan die baie staan en rond harloop nie – voorheen was hy vas agter n lessenaar.Die toekoms lyk blink en so ook die jaar wat voorlê…..ek is baie opgewonde!!!! Ek sal so gou moontlik weer n post probeer plaas – moet net eers my voete vind hier in my nuwe omgewing en ek is vas van plan om later in die maand n computer vir my huis aan te skaf.

Geniet die dag verder

Troedelkies xxxxx