Archive for November, 2007

Tag

Posted in Uncategorized on November 28, 2007 by lanaba

Ek is deur Jo-Ann ge”tag” – meaning dat ek nou 8 feite oor my self moet publiseer wat my mede-bloggers dalk nie geweet het nie.

1.My popularity poll op skool was nie te hoog nie – ek was maar n bietjie van n boekwurm(ek lees nogstaads baie)in std 8 het ek uit my kas uitgeklim en toe was die hel los…..

2.Dis waar die rokery ook begin het in std 8.Ek rook nogsteeds – ek het in 2006 Stuyvesant filter verruil vir Stuyvesant Menthol…..

3.Ek het in matriek baie van my klasse gebank en iewers op die speelgrond saam met een van my vriendinne gaan ontspan met n sigaret.

4.Ek moes altyd vir ons afrikaanse juffrou gaan tee maak het en dan het ek myself ook sommer met n koppie koffie gehelp in die personeelkamer(dit was nou tydens die periode)

5.As ek sondae niks planne het nie – loop ek heeldag met my PJ’s rond.

6.Ek het al dagga gerook een aand saam met n klomp pelle,maar dit was ook laaste.

7.Ek is dodelik bang vir geitjies – ek ril my dood as ek die goed sien.

8.Ek het in std 7 n outjie geklap wat by my aangelê het – hy is nou half doof in sy regteroor waar ek hom geklap het.

Ek “tag” vir Neykie,Feetjie en Sharks.

I’m baccccccckkkkkkkkk!!!!!

Posted in Uncategorized on November 21, 2007 by lanaba

Julle wonder seker almal wat het van my geword – wel ek is terug oftewel ek was maandag al back in action – was net so tikkie bedrywig gewees…..

 

Inelkgeval die mangel-operasie verlede dinsdag het toe goed afgeloop – ek is Woensdag ontslaan uit die hospitaal en vir die res van die week herstel by die huis – min het ek geweet ek gaan die week ook nog siekerig wees….Teen Vrydag het my ore ook probleme begin gee – so my pyn was verdubbel ore en keel…..Ek is gister toe terug dokter toe en die sê my keel lyk goed en is besig om gesond te raak,die pyn in my ore is maar meer en deels van die keel – verwysde pyn soos hy dit noem,na n spyt en nog n sak vol pille,voel ek vandag n bietjie beter – hopelik gaan dit van vandag af al beter…..

 

In die meanwhile het ek woensdag nog n oproep ook ontvang nes ek uit die hospitaal gekom het – n onderhoud by n ander maatskappy – my CV is mos mar gedurig in die labour market – jy weet vir beter opportunities,Vrydag kom en dist yd vir die interview.My keel is flippin seer,ek voel slaperig,dikkop van al die pille en ek kan skaars praat – maar ek het “opgedress” en weg interview toe – dit was een van die kakste interview’s nog – hulle het so baie vrae gevra en ek sukkel my dood om te praat – my keel brand soos n kool vuur en n ton spoeg ry rollercoaster op my tong…..na die interview het ek sommer daar en dan besluit “whatever” ek gaan dit anyway nie kry nie,al het ek vir hulle verduidelik hulle het my op n moeilike tyd gevang…..

 

Maandag sit en werk ek gerus in my kantoor ek is half doof want ek sit met vicks pluisies in my ore – en my selfoon lui – Dis Glenda – ek het die werk gekry – met n moerse difference op my current salary……ek kon dit net nie weier nie – ek is inelkgeval so moeg vir die huidige plek – wat n mens net deur die alie trek…….

 

Gister my bedanking ingegee – baas was nie baie impress nie,want die company sluit die 14de Desember – dan’s ek gone – dis oor drie weke,waar moet hulle dan nou skielik iemand kry en oplei voor dit – daaraan moes hulle gedink toe hulle my in die steek gelaat het – nou is dit my beurt – dis n baie lang storie so ek gaan nie daarop in nie.

 

My toekomstige werknemer het gesê ek kan eers Januarie begin – ek kan eers vakansie hou – wat’s die catch – hulle maak nie Desember toe nie – net oor kersfees – so ek score n vakansie voor ek by my nuwe werk in die nuwe jaar moet begin.

Good-bye Tonsils!!!!

Posted in Uncategorized on November 12, 2007 by lanaba

b4051.jpg

Okei – dis nou final my mangels word môre verwyder en ek is nie n bietjie bang nie – ek is skuit bang…….ek like nie so baie die narkose ding nie – maar wat moet,moet seker……

Ek weet nie wanneer ek weer terug gaan wees by die werk nie – miskien herstel ek gou dan is ek die week nog terug…..

Hou vir my duim vas

Die dokter sê hy dink alles behoort goed te loop – maar daar mag dalk n bloeding na die tyd wees omdat ek kissing tonsils het(onnormale groot mangels)……

Ek moet half sewe môre-oggend by die hospitaal aanmeld.

Sien julle en enjoy !!!!!!

Kinders…..

Posted in Uncategorized on November 8, 2007 by lanaba

Kinders is n pragtige geskenk wat ons van Bo ontvang – skynbaar dink party mense nie so nie…….n ding wat ek nie kan klein kry nie – is die feit dat daar nog mense is wat dink jy kan n kind se liefde koop met geld in die vorm van geskenke en so aan.Ek ken so iemand hier in my midde – ek sê mos altyd haar kinders kuier altyd net by haar en bly by haar ma – die enetjie is nou graad een en die ander een drie……die enetjie van drie is driekwart van die jaar op die plaas,inteendeel hy is op die oomblik alreeds amper vir n maand daar – die dogtertjie kan net vakansies gaan.Nou kyk my ding is ek het nie n probleem met die feit dat kleinkinders by hulle oumas en oupas kuier nie – iewers is daar tog mos grense – dis mos nie logies dat jou kind meer by sy ouma is as by sy ma nie – en dis nie dat hulle swaarkry of so iets nie – hulle lewe gemaklik – maar die kinders word al ewig omgekoop met duur speelgoed en klere en sulke dinge ,die res van die tyd irriteer haar kindrs haar blykbaar – sy vertel mos sommer maklik vir die dogtertjie in ander se geselskap – jy irriteer my gaan speel of sy sê my kinders irriteer my so – sulke goed!Nou kyk daai kinders is goddelooslik stout – as jy hulle net sien dan wil hulle al klaar neuk,sonder dat hulle enige iets gedoen het…..as sy nie skree op die kinders nie dan koop sy vir hulle duurste goed – Bv die dogtertjie het nou die dag n stootwaentjie(pram) vir haar pop gekry – PRYS = N$700.00 – dis belaglik man en sy is nou eers sewe……die kinders moet elke vakansie plaas toe – hoekom gaan hou nie vir n slag met hulle bietjie vakansie nie – nee as hulle op die plaas is dan is hulle mos onder haar voete uit…..die kinders moet alweer desember by ouma spandeer en kersfees ook – is kersfees nie veronderstel om die tyd van die jaar te wees waar jy saam met jou kinders moet wees nie – nee sy en manlief gaan eerder saam met hulle gatgabba vriende kamp…..ek het nie tyd vir sulke mense nie – sy het mos geweet toe sy met haar beentjies loop oop lê het – waarvoor sy haarself inlaat…..ek glo vas sy het te jonk kinders gehad – sy het hulle gemaak en haar ma en die huishulp maak hulle groot……daai kindertjies hunker so na liefde – as hulle ons sien – dan spring hulle en deel drukkies uit…..n ander ding is – die ma skree en skel hulle as hulle stout is en dan troos die pa – so sal hulle mos nooit leer nie…..ek het al met iemand hieroor gesels en die persoon het vir my gesê Lana jy moet onthou dis nie hulle skuld nie – dis hulle ouers se skuld dat hulle so bederf en stout is….
En weet jy ek self het nog nie kinders nie – maar ek ken darem kinders ek self het n boetie wat nou eers nege is…..Daai dogtertie is n regte juffrou wil net die beste hê,sy skree op haar ouers,gooi tantrums,gil en al daai nonsense – hoe gaan sy wees as sy 13 is????dis mos nie reg nie – n mens maak mos nie so nie – daar mense wat bitter graag kinders wil – wat nie kan kry nie…..miskien oordryf ek n bietjie maar ek het myself voorgeneem die dag as ek kinders kry – sal hulle weet wat liefde en en hulle sal dit op die regte manier in oormaat kry……laat ek nou maar nie verder gaan nie – netnou sê ek dalk dinge waaroor ek later gaan spyt wees….n laaste dnig voor ek afsluit – ek het daai kinders nou al n paar keer gebabysit en jy sal nie glo hoe soet hulle is nie – ek blaas nou nie my eie beul nie,maar ek speel met hulle en gee vir hulle aandag – sy vra my altyd was hulle stout by jou – dan sê ek nee en sy glo my nooit nie……Dan wonder n mens……

n program met n groot impak….

Posted in Uncategorized on November 6, 2007 by lanaba

extreme_makeover_logo_reduced_size_for_site_1.jpg

Wie van julle ken Extreme make-over home edition – probably seker die meeste van julle.Ek is n bitter groot fan en kyk dit gereeld,ek kyk sommer die herhalings ook.En elke liewe keer stort die trane – ek kan dit net nie help nie,daai program het n bitterlike groot impak op my…..dis gewoonlik die laaste deel waar hulle vir die families die huis wys…..

Gister het ek weer een gekyk net voor Egoli – van die soldaat wat sy been in Irak verloor het,daai ou was omtrent stomgeslaan toe hy sien wat hulle alles vir hom gedoen het – die dankbaarheid op sy gesig…..julle dis bittttttttttttter mooi…….elke program is amazing,veral as dit kindertjies insluit wat siek is – soos sondag sin was dit oor die dogterkie wat kanker het en na hulle haar huis n make over gegee het,kon sy haar gasmasker afhaal waarmee sy al amper permanent moes loop……elke keer as ek daai program kyk – dink ek na die tyd ….. weet jy ons is so baie keer ondankbaar – in die mean time is daar mense wat erger af is as ons…….Dis vir my so bitter roerend as die pappas huil en dankbaar is – die mammas huil ook,maar jy lees op daai pa se gesig hoe dankbaar hy is en al wat hy kan sê is dankie.

As jy dit nog nie gesien het nie – kyk net een program en jy sal verstaan wat ek bedoel.

Daar is nie meer veel wat ek kan sê oor die program nie,jy moet dit sien om te weet wat ek bedoel……