Huwelik update….
Na aanleiding van n wonderlike vriendin se inskrywing van vandag…..
Ek is donderdag 2 maande presies getroud….. 2 maande wat actually gevoel het soos die afgelope 2 jaar wat ek al my man ken en saam met hom in n verhouding is – al wat verander het is my van…..en my man het bietjie verander – ek weet nie of dit net nou is en of dit is omdat ek nou sy vrou is,die verandering waarvan ek praat is nie te groot nie,maar groot genoeg om dit net net agter te kom – hy is n klein bietjie meer liefdevol – die slaapkamerliefde is dieselfde as toe ons kerel en aster was…..ag man ek weet nie hoe om dit te explain nie…..ek voel gelukkig getroud of ek dink so – okay die duiwel het my gery vir die twee weke voor ek moes trou,want ek was so deurmekaar soos kots in n tuimeldroer – en grootendeels is dit te danke aan n ou liefde wat ek raakgeloop en as ek sê n groot liefde bedoel ek soos in daai magical eerste liefde wat nooit verdwyn nie – daai gevoel en ja ek het so trip down memory lane met hom gehad en hy verklaar dat hy nou vir die res van sy lewe boet vir ons verhouding wat nie uitgewerk het nie – hy besef vandag dat ek sy eintlike groot liefde was en is….die poef is hy toor met my en met woorde – as ek hom nie weer raakgeloop het nie – sou hierdie diep verborge gevoel wat ek vir hom voel nooit weer ge-opper het nie,dit sou alles soveel makliker gemaak het – maar toe moes ek hom raakloop en alles het weer terug gekom na my……hy is anders as my man – hy is meer passievol,romanties,hy verstaan my – hy is diep en droom oor dinge wat ek elke dag van droom….die gedigte wat hy skryf – dit toor letterlik met jou …. sy oë klim diep in jou siel in en dan lees hy jou soos n boek – hy is soos elke meisie se fairytale prins….die romeo van romeo en juliet……okay back to reality – hy weet ek is getroud – hy wou my troue stop – hy het net nie geweet waar die venue was nie,ek het hom nie gesê nie – juis oor ek weet hy is in staat tot so iets – (by the way dis die man met die blou oë en magnetiese kake van n vorige post)ek weet nie of hy vrede gemaak het met die feit dat ek getroud is nie,ek persoonlik dink nie so nie,maar hy sê hy wil nie my lewe kom deur mekaar krap nie – hy wil net hê ek moet weet hoe bitterlik lief hy vir my is en dat hy enige iets sal gee om my aan sy sy te hê…..maar hy verstaan dat ek my liefde aan iemand anders toevertrou het…..hy wil nou by my weet hoe ons die dinge uit die weg gaan dryf…..
My kant – Ek is lief vir my man – ek weet dit,want elke keer as ek wonder daaroor dan dink ek net by myself – ek moet iets vir hom voel as ek tog my hele lewe opgegee het in swakop om by hom te wees ek het so baie opofferings gemaak,mense het seer gekry in die proses en hoekom voel ek hartseer wanneer ek en hy nie bymekaar is nie(distance gewys)dis tog n teken dat daar iets is……en ek het reg gevoel die dag toe ek tree vir tree kansel toe gestap het…..hy is goed vir my – hy help my baie in die huis,hy verstaan my nie altyd nie,maar hy kan nie lank vir kwaad bly nie,ons het al n paar hewige rusies agter die rug en dit het hom elke keer diep geraak want daar was trane……hy is eintlik wonderlik met sy blitsige humeur en als….sy ouers is wonderlik,sy suster aan die ander kant is n nagmerrie,maar ons is bekaafd met mekaar ter wille van die ander – so wat is nou eintlik die probleem????????????????Elke aand as ek in die bed gaan klim dan dink by myself ek gaan n goeie vrou wees en eendag n goeie ma vir my kinders – ek bederf hom natuurlik baie,ek hang sy klere elke aand uit,ek kook vir hom,ek maak skoon,ek tel agter hom op,ek bederf hom met n kosblik werk toe elke dag – ons as vrouens offer tog eintlik so baie op……en tog aanvaar ons dit net…hy is nie groot op die romantic ding nie – hy is straight forward,ek aan die anderkant is n moerse romantikus…ek weet hy is lief vir my en daarom sien ek maar daai goedjies oor – n mens doen mos maar…..dis moeilik,nobody said being married is easy….maar ek sal hard werk aan die huwelik,ek het n belofte gemaak aan hom……
Ek moet eers net hierdie innerlike konflik met myself uitstryk – ek moet besluit wat ek gaan maak omtrent meneer blou oë,ek moet hom die ding uit my system uitkry , niks het nog gebeur nie,dis net ons email en sms en ek vang myself time and again dat ek aan hom dink….maar ek gaan veg teen dit,dis te laat hy het sy kans gehad of verdien hy n tweede…nee ek weet nie,ek konsentreer op my man vir wie ek lief is en nie wil verloor nie.Ek moet blou ogies se chapter in my lewensboek afsluit,maar hoe?????
ek gaan die ding oorwin ek weet ek kan ek moet net uitfigure hoe – ek wens soms ek ws nie so diep emosionele mens nie..dan was baie dinge in my lewe baie makliker – maar ek moet mos altyd eers wroeg en vashaak op elke chapter in my lewensboek……
ek belowe ek gaan die ding oorwin – ek moet net sterker wees en glo ek kan…….
Oktober 29, 2007 at 10:49 vm
Vriendin..jy moet ‘n keuse maak. As jy aan jou huwelik wil werk en manlief wil behou, moet jy kontak breek met die “MR VAN GISTER”, heeltemal kontak verbreek… ek glo jy het tog genoeg tyd saam met altwee spandeer om te weet watter een die groot liefde van jou lewe is…kyk diep in jou hart..ek is seker die antwoord is daar. Om altwee in jou lewe te he, al is dit dan nou net deur e-mails en smse, gaan jou net deurmekaar maak.. Dis moeilik, met liefde en ‘n huwelik is daar geen waarborge nie, dis ‘n risiko, mens kan nie vooruit sien hoe dit gaan uitwerk nie..
Jy kan jou beste gee en dit is dit.. Feit dat manlief nie passievol en romanties is nie, en jy is…is vir my nogal ‘n probleem..jy weet tog hoe hunker ek daarna..Is jy bereid om dit te onderdruk vir die res van jou lewe? Is jy bereid om jou romantiese drome op te gee..? Gaan jy vir die res van jou lewe tevrede wees met sy manier van liefde gee? Ek sien dit so, elkeen het ‘n liefdes-taal, hoe hy liefde wys en liefde wil ontvang..ons s’n is passie en romanse, aanraking, ens…maar ons mans s’n is bv dade, alles wat ons vir hulle doen en wat hulle vir ons doen, finansieel en fisies…nou…is hy man-lief bereid om jou liefdes-taal te praat, en jy syne? Is hy bereid om romanties en passievol te raak om jou liefgehe en spesiaal te laat voel? As hy is, wonderlik…as nie…wel, ja, dan kan jy dalk later in die huwelik baie onseker voel, en verwerp, verwaarloos…ens
Oktober 29, 2007 at 10:49 vm
Sterkte my maatjie…hoop ek kon jou bietjie help..
Oktober 29, 2007 at 11:01 vm
Jy het gehelp – eintlik weet ek klaar wat ek moet doen,dis net ek top so or die flippen goed – my gedagtes is altyd besig met dinge wat vergete moet wees.Ek gaan werk aan my huwelik en my lewe saam met my man – ek voel net so jammer in my hart vir Mr van gister – ek sal oor dit kom,ek het al – die liefdestaal ding – jong op die staduim is dit nog nie n huge problem nie,maar of dit een gaan raak weet ek nie…..
maar ek gaan my alles vir my huwelik gee,maar ek gaan nog wag met die kiddies tot ek in my hart reg voel.
Jy is n vriendin n duisend,wat sou ek sonder jou doen.
Oktober 29, 2007 at 12:04 nm
As jy alles vir jou huwelik wil gee gaan jy heeltemal met ‘blou oë’ kontak moet verbreek. Moet hom nie kans gee om jou deurmekaar te maak nie.
As jy hom die kans gaan gee, gaan hy dit gebruik!!
Sterkte!
November 1, 2007 at 7:59 vm
hoekom is lyk die verbode vrugte altyd so lekker? maar proe dit noodwendig vars?
Augustus 15, 2008 at 7:30 nm
Hoop hierdie e-pos vind jou nog in die huwelik…dit het my oorgekom…ek het nie die liefde van die vrou in my lewe verstaan nie…want ek het altyd die ‘verbode’ vrugte meer prettig gevind. Toe ek wel besef wat dit is…toe is dit te laat. Toe besef ek ek was nog altyd te bang om te ‘commit’. Mr Blouoog – moet bly waar hy is – uit jou lewe…ek kan jou nou waarborg…jy kan hom in jou lewe innooi – maar baie binnekort word jy net ‘n stat op sy kerfstok.
Wees versigtig vir ‘emosionele owerspel’ – dit is wanneer jy in ‘n huwelik is en jy hunker na die verbode vrugte – ja maar dit is net ‘n SMS of ‘n kort e-pos? Kan mens werklik jouself in ‘twee’ verdeel en dan poog om 100% te werk aan die huwelik..
Jammer om jou teleur te stel – maar as jy nie 150% aan jou huwelik werk en niks terug verwag nie – kan ons nie God se seen verwag nie.
As jy die ‘romantiese’ een is – wat doen jy werlik wat romanties is in die huwelik? Moedig jy jou man dan aan as hy wel ‘poog’ om romanties te wees?
Ek was daar – ek het ‘emosionele owerspel’ gepleeg – gedink ek is maar net die simpatieke oor – jammer – dit byt nou nog na 5 jaar…
Hoop dit help
IN CHRISTUS
February 10, 2009 at 1:15 nm
Ai, hoe om te begin.
Ek en my vrou is 13 jaar getroud, onlangs het ons nuwe vriende gemaak in die dorp. Dit was `n oor-en-weer gekuier. Na `n ruk het vermoede gekry daar is dalk iets meer in die vriendskap tussen my vrou en vriend. Klein dingetjies het my opgeval, die manier wat hulle met mekaar gesels, speels in die swembad en plek waar sy verkies het om te sit om die braaivleis vuur. Die vermoede het my mal gemaak. Maar tog het ek geglo en vetrou dit is net in my gedagtes. Ek het hulle nooit gekonfronteer nie, maar in my stilswye was die vermoedens nog daar.
Op `n dag met geen bybedoelings nie koop ek `n bossie blomme en besliut om dit sommer self vir haar te gee op kantoor. Wat `n fatale fout, sy was op kantoor maar haar lessenaar is in so possisie dat sy my nie gesien het inkom nie. Sy was besig met `n intieme e-pos na die gemeenskaplike vriend, toe sy my hoor het sy vinnig die laptop toegeslaan en op aanvraag wat sy doen het sy genatwoord dat `sy vrou nie lekker lyk nie en net wou uitvind wat is fout by hom`
Ek weet wat ek gesien het. Ek was briesend, geknak, seergemaak.
Umm ek het die IT afdeling geskakel en met baie moeite haar e-posse laat trek vir die afgelope tweemaande, al wat ek vir die persoon gese het is dat hy moet net kyk en my skakel as daar enigie iets beduidend was. `n Halfuur later bel hy my en se ek moet kom haal en dat hy jammer is.
Ek het haar gekonfronteer oor die e-posse. Sy het gevra of ons die aand kan praat. Hoe kon ek dit uit my kop kry. Al wat ek haar gevra het is hoekom ? Hoekom met met my ? Wat het ek fout gedoen om dit te verdien ?
Die aand was nie `n lekker gesprek nie, sy was huilend en ek boos, sy het nie geweet hoekom nie, sy het nie `n antwoord vir my nie, maar is nog steeds baie lief vir my en wil my nie verloor nie.
Op die vraag of daar enige fiesise kontak tussen hulle was het sy nee geantwoord. Ek het daarby berus en geglo dat dit net `n e-pos `fling` is.
Die volgende oggend kry ek `n oproep van die IT afdeling af, my grootste nagmerrie, daarin vertel hy wat se wonderlike tyd dit was om saam met haar intiem te verkeer, en dat hy nie kan wag om haar weer alleens te sien nie.
Ek het haar gekontak en hieroor uitgevra, in trane het sy met alles uitgekom, dit was skynbaar net die eenkeer, toe ek en sy vrou gou winkels toe is. Volgens haar was sy `n bietjie aangeklam na twee glasies wyn en nie besef wat sy doen nie.
EK IS ONEINDIG LIEF VIR MY VROU EN WIL SAAM MET HAAR OU BENE KOU.
My probleem is die volgende:
- Skuld gevoel dat dit my fout is.
- Hartseer as ek haar sien.
- Moord gevoelens as ek hom sien.
Ek probeer geweldig hard om dit te maar werk, maar elke 10 min het ek `n ander gemoeds toestand, ek bid elke dag om die geboelens van wantroue teenoor my vrou weg te kry, sy werk net so hard daaraan, so glo ek.
Die IT het bevestig dat daar nog nooit weer enige kommunikasie tussen hulle was nie. Sy vertel my elke dag hoe lief sy my het, ja ek het haar ook lief. Ek kan sien dat sy regtig berou het.
Kan julle my help om hierdeur te kom.
Baie dankie
Maart 6, 2009 at 9:41 vm
Onthou God is liefde en as jy God het het jy alles wat jy nodig het , Maar as jy dink jy kan sonder God dan maak jy n groot fout en dan loop alles wat vekeerd kan loop ,loop dan loop jou liefde ook maak nie saak hoe lank jy getroud is nie ……….
Maart 20, 2009 at 9:16 vm
hi ballbering ja dit is nie n maklike storm wat jy in is ,maar jy is nog in beheer as jy die HERE eerste toelaat om die storm in jou lewe op te los as jy gaan vas hou aan die verlede het jy n groot probleem,
dis net wat die duiwel wil he en dan vat dit lank om uit te sorteer
so ,vergewe en dink aan die dag wat jy nou in is en nie aan gister of more nie want die Here sorg vir elke dag en ons moet ons oe op GOD vestig en nie op die storm nie.