Archive for Oktober, 2007

Mooi hartroerende woorde

Posted in Uncategorized on Oktober 30, 2007 by lanaba

Ek het hierdie iewers gekry n hele tyd gelede en laat dink my so bietjie aan my post van vandag…..

En dis mooi……hartseer mooi

Sy groet my met ‘n: “Hallo vrou,”
Verneem dan na my welstand, en die van my gesin.
Sê sy: “Dis eersteklas en derde waters aan my kant.”
En in dieselfde asem lig sy my ook in:
“Jy’s skaars soos eergister se boontjiesop.
Weet jy, ons sien mekaar tog veels te min.”
Dit is nou my vriendin.
Ek sê haar sy lyk taamlik moeg.
Haar antwoord: “Man, die skottelgoedjies staan al in gelid.
Die wasmasjien, hy brom van vroeg vanmôre af.
Het weinig tyd om stil te staan of rond te sit.”
Sê ek: “En môre is dit baas se dag.
Jy sal vir nog ‘n bietjie krag moet bid.”
Al wat sy sê: “Nou dit!”

Sy kry die koffiekoppies uit,
Uitgehonger vir gesels. Ek sien dit in haar oë.
“My bure het gist’raand mos lekker fees gevier,
Die katterjol was onuitstaanbaar, wil jy glo.
En môre soek die mense geld vir kos.”
Ek sê: “En jy gee, wel, volgens jou vermoë”
Sy antwoord my: “Nou so!”

Dan trek sy verder los:
“Kyk net hul arme bloedjies. Winter of te not,
Die loop in oop sandaaltjies, kaalkop in die koue.
Die ou truie, mens, die begin nou al te vrot.
Maar ma en pa, altyd in ‘n zombieblues.
Die siele is oor whisky, brandy, ja die hele lot,
Nes ‘n knapie oor sy snot.”

So praat sy, onderhoudend,
Gee my g’n kans om een sin in te kry.
Vermaak my met die vreemdste, snaaksste sê-goed,
Terwyl sy soos ‘n miertjie besig bly.
Opgeruimd en vrolik, ook ‘n bok vir pret.
Beskikbaar as jy haar dalk nodig kry.
Die liewe vriendin van my.

Gedagtes….

Posted in Uncategorized on Oktober 30, 2007 by lanaba

Gisteraand toe ek in die bed lê – dink ek toe nou so bietjie oor dinge, baie dinge…..oor my post van gister – oor die verlede – oor waar ek nou in my lewe is – en waarheen ek oppad is…..en toe val die topic my by waaroor ek en my vriendin gereeld moan en groan……Ek meen ek is nou 23 sy 25….aan die begin van ons lewens – en alreeds ek moeg vir die elke dag se dinge…….vandat ek Windhoek toe getrek het – dis nou 2 jaar terug….voel dit asof ek te vinnig “grootword”bedoelende – ek werk van agt tot vyf  elke dag – kom in die aand by die huis…maak kos….maak skoon….strykNaweke het ons n afspraak of twee en die res is dit springclean,klere was en the list goes on…..hoe cope jy as jy nog kiddies het ook…..en werk en al die ander dinge……gaan jou liggaam in overdrive in of hoe maak jy-as ek nou al party dae so moeg en gatlam is vir die dinge – hoe gaan dit oor vyf jaar wees?

So nou en dan gebeur daar iets om oor huis toe te skryf – maar dis nie naastenby genoeg om die bogenoemde takies uit te kanselleer nie – meaning sodat jy nie mind om dit te doen nie,want die nou en dan se excitement maak op daarvoor…..is dit weird van my nog n bietjie spice in my life te wil soek…..of loop die bogenoemde roetine so tot jy die dag aftree….Ek meen ek wil baie graag eendag kinders hê – op die staduim skop ek nog vas,want hoe kan ek nou kiddies wil hê as ek hunker nog meer in my lewe – gisteraand toe ek besig was om kos te maak – loer ek so ondelangs na my man wat voor die TV geparkeer is….en ek wonder – moes ek nie eerder na skool oorsee gegaan het en getravel en gewerk het nie – soos al my andr buddies nie – meeste van hulle operate steeds oorsee,een van my vriendinne werk op n cruiseliner en as ek so na haar fotos kyk – wonder ek……maar ek het nie….ek het soos al die ander begin werk en nou op drie en twintig voel ek soos n ou getroude vrou van 40 of 50……..

Dis altyd dieselfde………ek soek opwinding…..ek wil hê my man moet my verras……ek wil opstaan elke dag en voel wow dis vandag weer my dag…..ek wil in die reen dans - sonder musiek met my man….ek wil saam met hom op n dik persiese mat lê en wyn drink en nie moet dink shit ek moet die was,daai stryk,sy maag vol kry,môre is weer werk!!!!!

Ek dink dis hoekom ek so baie droom en myself verloor in my drome en dan sukkel ek vir dae om weer op reality te focus…..ek luister na musiek terwyl ek werk en raak so weg – dat die telefoon my byna van my stoel af laat spring as dit lui…….

Poefffff!!!!!!

Reality check – tyd om te arbeid….

whooppeeeee!!!!!!!

Huwelik update….

Posted in Uncategorized on Oktober 29, 2007 by lanaba

Na aanleiding van n wonderlike vriendin se inskrywing van vandag…..

Ek is donderdag 2 maande presies getroud….. 2 maande wat actually gevoel het soos die afgelope 2 jaar wat ek al my man ken en saam met hom in n verhouding is – al wat verander het is my van…..en my man het bietjie verander – ek weet nie of dit net nou is en of dit is omdat ek nou sy vrou is,die verandering waarvan ek praat is nie te groot nie,maar groot genoeg om dit net net agter te kom – hy is n klein bietjie meer liefdevol – die slaapkamerliefde is dieselfde as toe ons kerel en aster was…..ag man ek weet nie hoe om dit te explain nie…..ek voel gelukkig getroud of ek dink so – okay die duiwel het my gery vir die twee weke voor ek moes trou,want ek was so deurmekaar soos kots in n tuimeldroer – en grootendeels is dit te danke aan n ou liefde wat ek raakgeloop en as ek sê n groot liefde bedoel ek soos in daai magical eerste liefde wat nooit verdwyn nie – daai gevoel en ja ek het so trip down memory lane met hom gehad en hy verklaar dat hy nou vir die res van sy lewe boet vir ons verhouding wat nie uitgewerk het nie – hy besef vandag dat ek sy eintlike groot liefde was en is….die poef is hy toor met my en met woorde – as ek hom nie weer raakgeloop het nie – sou hierdie diep verborge gevoel wat ek vir hom voel nooit weer ge-opper het nie,dit sou alles soveel makliker gemaak het – maar toe moes ek hom raakloop en alles het weer terug gekom na my……hy is anders as my man – hy is meer passievol,romanties,hy verstaan my – hy is diep en droom oor dinge wat ek elke dag van  droom….die gedigte wat hy skryf – dit toor letterlik met jou …. sy oë klim diep in jou siel in en dan lees hy jou soos n boek – hy is soos elke meisie se fairytale prins….die romeo van romeo en juliet……okay back to reality – hy weet ek is getroud – hy wou my troue stop  – hy het net nie geweet waar die venue was nie,ek het hom nie gesê nie – juis oor ek weet hy is in staat tot so iets – (by the way dis die man met die blou oë en magnetiese kake van n vorige post)ek weet nie of hy vrede gemaak het met die feit dat ek getroud is nie,ek persoonlik dink nie so nie,maar hy sê hy wil nie my lewe kom deur mekaar krap nie – hy wil net hê ek moet weet hoe bitterlik lief hy vir my is en dat hy enige iets sal gee om my aan sy sy te hê…..maar hy verstaan dat ek my liefde aan iemand anders toevertrou het…..hy wil nou by my weet hoe ons die dinge uit die weg gaan dryf…..

My kant – Ek is lief vir my man – ek weet dit,want elke keer as ek wonder daaroor dan dink ek net by myself – ek moet iets vir hom voel as ek tog my hele lewe opgegee het in swakop om by hom te wees ek het so baie opofferings gemaak,mense het seer gekry in die proses en hoekom voel ek hartseer wanneer ek en hy nie bymekaar is nie(distance gewys)dis tog n teken dat daar iets is……en ek het reg gevoel die dag toe ek tree vir tree kansel toe gestap het…..hy is goed vir my – hy help my baie in die huis,hy verstaan my nie altyd nie,maar hy kan nie lank vir kwaad bly nie,ons het al n paar hewige rusies agter die rug en dit het hom elke keer diep geraak want daar was trane……hy is eintlik wonderlik met sy blitsige humeur en als….sy ouers is wonderlik,sy suster aan die ander kant is n nagmerrie,maar ons is bekaafd met mekaar ter wille van die ander – so wat is nou eintlik die probleem????????????????Elke aand as ek in die bed gaan klim dan dink by myself ek gaan n goeie vrou wees en eendag n goeie ma vir my kinders – ek bederf hom natuurlik baie,ek hang sy klere elke aand uit,ek kook vir hom,ek maak skoon,ek tel agter hom op,ek bederf hom met n kosblik werk toe elke dag – ons as vrouens offer tog eintlik so baie op……en tog aanvaar ons dit net…hy is nie groot op die romantic ding nie – hy is straight forward,ek aan die anderkant is n moerse romantikus…ek weet hy is lief vir my en daarom sien ek maar daai goedjies oor – n mens doen mos maar…..dis moeilik,nobody said being married is easy….maar ek sal hard werk aan die huwelik,ek het n belofte gemaak aan hom……

Ek moet eers net hierdie innerlike konflik met myself uitstryk – ek moet besluit wat ek gaan maak omtrent meneer blou oë,ek moet hom die ding uit my system uitkry , niks het nog gebeur nie,dis net ons email en sms en ek vang myself time and again dat ek aan hom dink….maar ek gaan veg teen dit,dis te laat hy het sy kans gehad of verdien hy n tweede…nee ek weet nie,ek konsentreer op my man vir wie ek lief is en nie wil verloor nie.Ek moet blou ogies se chapter in my lewensboek afsluit,maar hoe?????

ek gaan die ding oorwin ek weet ek kan ek moet net uitfigure hoe – ek wens soms ek ws nie so diep emosionele mens nie..dan was baie dinge in my lewe baie makliker – maar ek moet mos altyd eers wroeg en vashaak op elke chapter in my lewensboek……

ek belowe ek gaan die ding oorwin – ek moet net sterker wees en glo ek kan…….

n geen titel post

Posted in Uncategorized on Oktober 24, 2007 by lanaba

gp1429.jpg

Ek het gister hierdie sms ontvang van n diep beautiful vriend af – dit lees so:

my gedagtes ry na jou op swaargelaaide wolkies,

ek weet jy kry dit,want my wolkies keer terug na my,

katoensag,spierwit en n goue glimlag.ekke.

beautiful heh???

Ek het is vandag lus vir die song:You give me something by James Morrison.

You want to stay with me in the morning
You only hold me when I sleep,
I was meant to tread the water
Now I’ve gotten in too deep,
For every piece of me that wants you
Another piece backs away.

‘Cause you give me something
That makes me scared, alright,
This could be nothing
But I’m willing to give it a try,
Please give me something
‘Cause someday I might know my heart.

You already waited up for hours
Just to spend a little time alone with me,
And I can say I’ve never bought you flowers
I can’t work out what the mean,
I never thought that I’d love someone,
That was someone else’s dream.

‘Cause you give me something
That makes me scared, alright,
This could be nothing
But I’m willing to give it a try,
Please give me something,
‘Cause someday I might call you from my heart,
But it might me a second too late,
And the words I could never say
Gonna come out anyway.

‘Cause you give me something
That makes me scared, alright,
This could be nothing
But I’m willing to give it a try,
Please give me something,
‘Cause you give me something
That makes me scared, alright,
This could be nothing
But I’m willing to give it a try,
Please give me something
‘Cause someday I might know my heart.
Know my heart, know my heart, know my heart

My peetkind….Sunè

Posted in Uncategorized on Oktober 16, 2007 by lanaba

picture-548.jpg

picture-550.jpg

Dis nou die ou dingetjie wat op my en my twin se bday gebore is – Sunè….Sy is nou amper 2 maande oud,mooier en nader aan my suster het ek nog nie gesien nie,sy lyk net soos my twin toe die klein was…..hulle kom moontlik die naweek kuier – ek is so excited!!!!!

Ek en my ma koop onsself bankrot aan baba goedjies – ons kan nie help nie.

Te oulik vir woorde……maar myne moet eers nog bietjie wag – ek enjoy nog die married life(hie hie hie)

Tjortsies

xxxx

Undo….edit….delete…disappear

Posted in Uncategorized on Oktober 15, 2007 by lanaba

undo.jpg

Ek soek baie dringend na hierdie knoppie in my lewensboek…….

en raai wat…..dit bestaan nie!!!!!

Dammit!!!!

BACK ON MY FEET AGAIN

Posted in Uncategorized on Oktober 12, 2007 by lanaba

dreams-of-light.jpg

Gonna break these chains around me
Gonna learn to fly again
May be hard, may be hard
But I’ll do it
When I’m back on my feet again
Soon these tears will all be dryin’
Soon these eyes will see the sun
Might take time, might take time
But I’ll see it
When I’m back on my feet again

CHORUS:
When I’m back on my feet again
I’ll walk proud down this street again
And they’ll all look at me again
And they’ll see that I’m strong

Gonna hear the children laughing
Gonna hear the voices sing
Won’t be long, won’t be long
Till I hear them
When I’m back on my feet again

Gonna feel the sweet light of heaven
Shining down its light on me
One sweet day, one sweet day
I will feel it
When I’m back on my feet again

CHORUS:

And I’m not gonna crawl again
I will learn to stand tall again
No I’m not gonna fall again
Cos I’ll learn to be strong

Soon these tears will all be dryin’
Soon these eyes will see the sun
Won’t be long, won’t be long
Till I see it
When I’m back on my feet again
When I’m back on my feet again
I’ll be back on my feet again

Rustige naweek vir almal…..

08 Oktober 2007

Posted in Uncategorized on Oktober 8, 2007 by lanaba

Ja dis alweer maandag – ek voel vandag fragile….eintlik is dit meer my lyf of gemoed…..ek het gister weer n lekker vet migraine attack gehad en my longe uitgekool……ek kan baie dinge van gisternamiddag tot vanoggend nie onthou nie.Alhoewel manlief met my stry weet ek dis te danke aan my werk……ek is oorwerk en oorstuur en van my trollie af gestress….ek het nooit tevore so dikwels migraine aanvalle gekry nie,nou is dit elke ander week,want verlede maandag het ek ook een gehad.Ek moet seker maar weer dokter toe gaan…..maar elke keer is die diagnose dieselfde = STRESSSSSSS!!!!!

Anyway ek vlieg more-oggend 7uur Ongwediva toe – Ons het n site office/lab daar en daai kantoor assistent wat daar is…..is so dom soos grond.Ek gaan om haar so bietjie in mooi afrikaans te leer wat sy eintlik veronderstel is om te doen.Ek kom woensdag gelukkig weer terug….dis wat nou nie weet waar Ongwediva gelee is nie – dis in die noorde van Namibia….in die boendoes,deel van Oshakati (wamboland) – ek sien my werk het my darem in n decent hotel ingeboek….Ek is excited en bang,want ek het laas gevlieg toe ek drie jaar oud was en ek was nog nooit in daai deel van Namibia nie,so ek gaan in die vreemdes in.Maar ek sal darem seker survive……

Daar is n werksgeleentheid op die horison…ek sal nou hierdie week hoor wanneer die interview is,dis ook by engineers – so dis min of meer in dieselfde trade,ek behoort n goeie kans te staan,omdat ek alreeds so twee jaar in die tipe van lyn werk – al is dit nou ook net die admin wat ek doen.Die package wat hulle aanbied klink belowend en is defnitief beter as die een waarvoor ek nou werk…..hou maar styf duime vas vir my!!!!!

Ek is druk besig om my en manlief se outfits reg te kry vir ons jaareind-funksie,die tema is cowboy/western…..ek het so te se als bymekaar,is nog net die rollies wat ek moet koop,toemaar ek praat sommer van speelgoed rollies…..ek kan nie meer wag nie – ek hou mos van sulke opdress parties.

Ek is nou haastig vir Desember om te kom – ons maak die 14de toe en maak dan eers weer die 2de Januarie oop.Ek en manlief gaan op holiday ons kan nog net nie ons minds op maak oor die destination nie…..dis nou te sê as ek nie intussen bedank nie,maar sover ek verstaan maak die moontlike nuwe werkgewer ook desembers toe….phewww(dankie tog)I need a break!!!!!

Ek het vrydag n “ou vriend” op facebook raak geloop – maar dis n storie vir my volgende post.

Hoop almal se week het goed begin en mag die res van die week mooi wees….

Rustige dag verder

Over and out!!!!!

Ek lewe nog……

Posted in Uncategorized on Oktober 3, 2007 by lanaba

Ja so ek is nou ook amptelik skuldig aan blog-afskeping!!!!Maar soos die spreek woord sê plig voor plesier……ek was so toe gegooi onder die werk vandat ek terug gekom het – dis nou nie eers snaaks nie,maar nadat ek nou n paar dinge reg geruk het in die kantoor,kan ek weer asem haal….ek het mos nou ook my eie ‘filing lady’ en  junior tik assistent wat kan help met die data capturing as dinge so bietjie rof raak hier….ons het die laaste tyd so projekte gekry….ons weet nie met watter een ons eerste moet begin nie…..anyway -

Met die getroude lewe gaan dit voor die wind…..ek moet sê ek weet nou nie of dit net so aan die begin is nie,maar manlief het nogal verander vandat ons getroud is,hy is meer verstaanbaar,liefdevol m.a.w hy wys meer emosie – dis nogal lekker en hy bederf my baie.Ons was die naweek weer by my ma hulle en my twin hulle het ook kom kuier met die pienkvoet – ag jinne ma sy is nou n maand en half …. te pragtig vir woorde.As jy met haar praat dan trek sy daai gesiggie in allerhande emosies…..ek weet dis n teken dat sy my kan hoor……met net so bree smile op haar klein gesiggie…..ek sê toe die naweek vir my ma,mens kan nie dink dat daar gewetenlose wreede mense daar buite is – wat die goedjies weg gooi,hulle is so afhanklik van n mens – dan gooi ander mense hulle weg sommer in asdromme in plastiek sakke of los hulle sommer in die veld of bosse…..om nie eens te praat van die varke wat hulle verkrag nie…..dis onmenslik man….ek was so ontsteld na daai gesprek en ek het nog nie eens my eie kindjie nie.Ek sal probably een van daai over-protective ma’s wees…..die wereld is wreed en dan moet n mens die wonderlike goedjies in so wereld groot maak.Ek onthou die eerste dag toe my boetie moes skool toe gaan(nou 8)ek was amper van my trollie af – ek het heeltyd gewonder of hy okay is…of die kinders hom boelie,sê nou maar hy het op die speelgrond seer gekry wie sal hom help,voel hy nie dalk alleen nie,ek het al gesien hulle het n manier om half onafhanklik te raak as hulle skool toe gaan,maar n mens wonder en worry nogsteeds…..ek weet nie hoe ek sal maak as ek my het nie…..ek het die naweek omtrent die heeltyd daai pienkvoet naby my gehou en opgetel – toe hulle sondag ry,was ek eenmaal in trane….en dis net my susterskind…en om te dink hoe baie weeskindertjies is daar in die wereld dis damn sad – en die al die varke wat hulle so mishandel en verkrag……hulle moet sommer doodstraf kry.En die ma’s wat hulle kinders so weg gooi – hulle het nie gevra om daar te wees nie,toe jy oopkloof gaan lê het,moes jy aan di nagevolge gedink het – daar is mense wat bitter graag so pragtige dingetjie wil hê,maar wat nie kan nie.

wag laat ek liewer ophou – dit onstel my net….

lekker dag