Archive for Mei, 2007

I am Alive……

Posted in Uncategorized on Mei 30, 2007 by lanaba

So na gister se mismoedige post…..het ek besluit om iets meer positief te plaas vandag.

My gemoed voel vandag sommer stukke beter en ek glo dit gaan n geseende woensdag wees.Ek het vanoggend ontwaak met die song in my kop…….

Mmmmm … Mmmmm …
I get wings to fly
Oh, oh … I’m alive … Yeah

When you call on me
When I hear you breathe
I get wings to fly
I feel that I’m alive

When you look at me
I can touch the sky
I know that I’m alive

When you bless the day
I just drift away
All my worries die
I’m glad that I’m alive

You’ve set my heart on fire
Filled me with love
Made me a woman on clouds above

I couldn’t get much higher
My spirit takes flight
‘Cause I am alive

When you call on me
(When you call on me)
When I hear you breathe
(When I hear you breathe)
I get wings to fly
I feel that I’m alive
(I am alive)

When you reach for me
(When you reach for me)
Raising spirits high
God knows that…

That I’ll be the one
Standing by through good and through trying times
And it’s only begun
I can’t wait for the rest of my life

When you call on me
(When you call on me)
When you reach for me
(When you reach for me)
I get wings to fly
I feel that…

When you bless the day
(When you bless, you bless the day)
I just drift away
(I just drift away)
All my worries die
I know that I’m alive

I get wings to fly
God knows that I’m alive

Hoop die song kikker jou woensdag ook op!

Dis wat ek van dinsdag die 29ste Mei 2007 dink……

Posted in Uncategorized on Mei 29, 2007 by lanaba

cupof.jpg

Die foon hou nie op lui nie-die customers is opdrukkerig – dis maandeinde…..

Dit voel of ek myself kan toe poefie…….

Everybody wants a piece of me…

cheers!!!!

S.von Bach…….dam!!!!!

Posted in Uncategorized on Mei 28, 2007 by lanaba

2.jpg

Die pragtige fotokie hierbo is geneem by S.von Bach dam,naby Windhoek-ons het die naweek daar spandeer…saam met my twin en haar skoonfamilie…..dit was flippen lekker.

Die naweek het bestaan uit boot ry,visvang,eet en kuier…en die heel belangrikste die rustigheid geniet.Ek sal weer gaan dit was baie relaxing…..en ek het precious tyd saam met my twin geniet.

Hieronder-is die boot waarmee ons rondgerits het op die dam…..

3.jpg

Hoop almal het n genotvolle wekie!

Troedelkies

xxxxx

The naked truth…….

Posted in Uncategorized on Mei 24, 2007 by lanaba

Aangesien my vriendin nou n issue aangeraak het wat my ook baie na aan die hart lê,het ek besluit om te bieg……meer en deels omdat ek self een is wat uit ervaring uit kan praat.

Ek is deel van n tweeling…..nie identies nie…..nou die dinge het so gestaan,van doekdae af het dit om een of ander so gewerk dat ek en my sussie om die beurt plekke geruil het om n ‘vettie’ te wees….al poef is nou…toe ons sestien was het sy uitgeskiet in lengte en ingeskiet in breedte…..so van toe was af was ek maar die ‘vettie’ gewees.En glo my as ek sê die mokkery en spottery is als waar……n mens se selfbeeld vang n moerse knak-want jy perform nie in sport nie,jy bench by die netbal games,want jy is te vet om te speel en so gaan die lys net aan…met die gevolg is ek het amper geen maaikies gehad nie en die drolle wat wel met my nice was-was die wat ons deesdae mooiwees vriende noem.So het my hele skoolloopbaan deur in my sussie se skaduwee gelewe en saam met haar gehang pouses…..sy was immers redelik popular en het saam met n popular ‘crowd’ uitgehang en ek was maar altyd die vyfde wiel aan die wa…….So het ek nou maar deur die skool,probeer om diets te volg en en en en…….als het altyd geflop….ek het later begin glo ek is gebore om vet te wees…..my selfbeeld was n totale v*k*p en ek was baie teruggetrokke……teen hierdie tyd het ek darem al so twee van my eie maaikies gehad…hulle was toevallig ook n tweeling gewees en baie mooi gebou…maar my waggel lyfie het hulle nie afgesit nie…..hulle het my so aanvaar.In 2002 is ek klaar met skool en ek is nogsteeds vet en my sussie is n beauty…..weereens het ek klomp diets en goed bla bla bla gevolg wat ook n moerse flop was….teen die tyd het ek n baie nou vriend gehad……actually al van skool af was ons baie close ek was net te stupid om dit raak te sien…..Ek het begin werk by n bed+breakfast en so het hierdie vriend steeds al sy tyd by my gespend en dit was altyd vir my snaaks dat hy nooit ander meisies vriende gehad het nie en ook nie eens n meisie nie-wel nie in die tyd wat ek hom geken het nie.Middel 2003 kom hy eendag by my en sê “Lana, dis tyd”,ek baie verbaas het om een of ander rede presies geweet wat hy met daai woorde bedoel het……dit was tyd vir iets meer as n vriendskap……teen daai tyd het ons mekaar al 4 jaar geken en al ons tyd saam met mekaar spandeer plein as vriende-maar daar was altyd iets gewees-ek het dit net misgekyk.Okay ek is in 7th heaven want hy is die beste ‘boyfriend’ waarvoor n mens ooit kon vra en en en en-ek meen teen daai tyd was dit nie meer van verlief wees nie-ons was regtig lief vir mekaar…….drie maande nadat ons die romantiese verhouding aangeknoop het-is hy langboompies toe….(dis n ander storie)my wêreld was in skerwe-ek het totaal en al uitgehaak en al die ander goed waar deur n mens gan as so iets met jou gebeur.EN op die 11 de Oktober 2005 het een môre wakker geword en daar en dan n besluit geneem-tot hier toe en nie n tree verder nie.Ek was emosioneel reg vir die ding…….dis tyd vir n ander body en n make-over.(Ek was n baie groot tomboy-in seuntjie klere is dit makliker om die rolle weg te steek!)So het ek begin werk aan my liggaam,my eetgewoontes(geen diets nie)en natuurlik my siel….Almal het gesê dit sal net so tydjie hou dan misluk ek weereens….maar nee nie die keer nie….ek het al hoe vinniger begin verslank en ek moes my wardrobe change-my sussie het my aan die begin baie afgekraak.Ek dink dit was maar n kwessie van jaloesie…later het sy haar attitude verander en my begin help met die wardrobe change,sy my geleer van make-up en allerhande meisie goed.Ek het al hoe meer begin aandag trek op straat en onder kennisse en vriende-almal was verstom oor hierdie moerse change-ewe skielik het ek so baie aandag gekry ek het nie geweet wat om met alles te maak nie.Die manlike geslag was natuurlik voor in die koor……Net voor ek Windhoek toe getrek het,het ek n totaal van 65 kilo’s afgeskud-ja dis n hele tweede mens wat ek verloor het…..en endelik kon ek in n nr 12 pas soos al die ander meisies van my ouderdom.

En hier is nou die catch van die hele gebeurte-Dis alles in jou mind as jou mind nie n 100% gemotivate is nie-kan jy maar hoeveel goed probeer jy sal nie succeed nie.En die moeilikste van is als is-die emotional deel van dit-dit verg bitter baie-dis uitputtend,maar die moeite werd.

Dis nou my storiekie in kort……Dis hoekom ek n ding het teen mense het wat anders op hulle uiterlike judge!!!!!!!

P.S ek het intussen n klein tikkie aangesit-maar ek pas darem nog in n 12.

Ek werk steeds hard daaraan om dit weer af te kry.

hoop almal het n awesome weekend-ek het môre public holiday so die volgende post verskyn eers maandag weer.

troedels

xxxxxx

An old classic….

Posted in Uncategorized on Mei 23, 2007 by lanaba

Hier sit ek in my kantoor en die volgende oomblik begin die volgende tune op my radio speel……en om een of ander rede laat die song my voetjie onder die tafel klop en my koppie op die ritme saam beweeg…….en so neurie-neurie capture ek verder my data…!!!!

 Ek dog toe why not share it……

Deur Barry White:Can’t get enough of your love…

I’ve heard people say that too much of anything
Is not good for you
Baby. But I don’t know about that
As many times as we’ve loved we shared love and made love
It doesn’t seem to me like it’s enough

It’s just not enough
it’s just not enough.

My Darlin’ I can’t get enough of your love
Babe
Girl
I don’t know
I don’t know vvhy
Can’t get enough of your love
Babe.

Oh
some things I can’t get used to
no matter how I try
It’s like the more you give
the more I want and Baby
That’s no lie
oh no
Babe
tell me
wh;at can’t I say
What am I gonna do
how should I feel
when everything is you?
What kinid of love is this
that you’ve given me
Is it in your kiss or just because you’re sweet?
Girl
all I know is ev’ry time you’re near

I feel a change somethin’ moves
I scream your name
Look what you got me doin’

Darlin’ I can’t get enough of your love
Babe

Girl
if I could only make you see and make you understand
Girl
your love for me is ask I need and more than I can stand
How can I explain
all the things I feel
you’ve given me so much
Girl
you’re so unreal still I keep loving you more and more
Each time. Girl
what am I gonna do

’cause you’ve blown my mind.
I get the same old feelin’
ev’ry time you’re near.

Darlin’ I can’t get enough of your love
Babe
. . .

Hoop jou voetjie klop ook as jy die woorde lees met die wysie in jou kop.

troedels

xxxxxx

Klein saterdag…….!!

Posted in Uncategorized on Mei 23, 2007 by lanaba

nov12i.jpg

Ek weet nou hoekom so baie voetgangers in Windhoek en sommer oral getrap word…..deur motoriste!!!!!Die poepkoppe kyk nie-nee dis mos net my en jou ma wat jou geleer het van kyk regs,dan links dan,weer regs….dis eintlik baie eenvoudig,maar nee ek wil eers hê n kar moet my trap dan sal ek miskien leer om rond te kyk as ek n straat wil oorsteek….Ons western bypass is omtrent soos die N1-daar is ketter baie voetgangers daar-het niemand hulle geleer dat n mens nie n highway cross nie-okay jy kan seker maar dis heavy gevaarlik want duh! dis n 120km/h zone.Ek is bevrees die dis ook iets waarvoor n mens nog gaan gatvol raak-soos wat jy vir Taxi’s is…..!!!!!

Vanoggend is dit steeds bitterlik koud in Windhoek……..maar ek is nou ten volle ge-gear-met my handskoentjies,furry serp en n klein kombersie……..!!!!!

Môre kom my wekie tot n einde-Die public holiday van vrydag kon nie op n beter tyd gekom het nie………!!!!

En hier volg ietsie vir al my maaikies:

magi bykies vidag vi jo jining gee

as jy ga eet…..

magi engelkies jo harkie bly mak

as jo harkie seer is……en

magi foolkies vi jo jeeldag likies

sing tiwyl jy werk……..!!!!!

Hoop almal het n cosy woensdag.

troedelkies

xxxxxxx

bibbbberende dinsdag…!!!!!!

Posted in Uncategorized on Mei 22, 2007 by lanaba

pink_fairy01.jpg

Ek het 2 of 3 nuwe fairy pics gekry-hier is een van hulle…mooi huh?

Ek kry te koud om om brein te laat werk vir n ordentlike post vir vandag……

so ek los julle met die song waarmee ek vanoggend wakker geword het(ja my clockradio speel deurnag…)

Deur scissor sisters:I don’t feel like dancin…..

So I play along when I hear that favourite song
I’m gonna be the one who gets it right.
You better know when you’re swingin’ round the room
Look’s like magic’s solely yours tonight

But I don’t feel like dancin’
When the old Joanna plays
My heart could take a chance
But my two feet can’t find a way
You think that I could muster up a little soft, shoop devil sway
But I don’t feel like dancin’
No sir, no dancin’ today.

Don’t feel like dancin’, dancin’
Even if i find nothin’ better to do
Don’t feel like dancin’, dancin’
Why’d you break down when I’m not in the mood?
Don’t feel like dancin’, dancin’
Rather be home with no one when I can’t get down with you

Cities come and cities go just like the old empires
When all you do is change your clothes and call that versatile.
You got so many colours make a blind man so confused.
Then why can’t I keep up when you’re the only thing I lose?

So I’ll just pretend that I know which way to bend
And I’m gonna tell the whole world that you’re mine.
Just please understand, when I see you clap your hands
If you stick around I’m sure that you’ll be fine.

But I don’t feel like dancin’
When the old Joanna plays
My heart could take a chance
But my two feet can’t find a way
You think that I could muster up a little soft, shoop devil sway
But I don’t feel like dancin’
No sir, no dancin’ today.

Don’t feel like dancin’, dancin’
Even if i find nothin’ better to do
Don’t feel like dancin’, dancin’
Why’d you break down when I’m not in the mood?
Don’t feel like dancin’, dancin’
Rather be home with no one when I can’t get down with you

You can’t make me dance around
But your two-step makes my chest pound.
Just lay me down as you blow it away into the shimmer light.

But I don’t feel like dancin’
When the old Joanna plays
My heart could take a chance
But my two feet can’t find a way
You think that I could muster up a little soft, shoop devil sway
But I don’t feel like dancin’
No sir, no dancin’ today.

Don’t feel like dancin’, dancin’
Even if i find nothin’ better to do
Don’t feel like dancin’, dancin’
Why’d you break down when I’m not in the mood?
Don’t feel like dancin’, dancin’
Rather be home with no one when I can’t get down with you

P.S ek sal dans as dit warmer is…..

troedelkies

xxxxxx

Maandag….hmmmm!!!!

Posted in Uncategorized on Mei 21, 2007 by lanaba

funny_cow_1.jpg

Baie geluk aan die Vodacom Bulls Met die Super 14 oorwinning-dit was maar nael-skraap gewees,maar op die ou einde van die dag is dit hulle naam wat op daai Super 14 Cup verskyn……My senuwees was natuurlik op gewees,want die bulletjies het maar die hele game deur gesukkel en wragtig kom Habana tot ons redding…..Geluk ook aan die Sharks for being there-as hulle gewen het sou ek dit vir hulle gegin het,want hulle het dit wragtig verdien.Nou moet die Bulletjies my nog net weer impress en die Curriebeker ook wen-dan is ek tevrede….!!!!

Die highlight van die week sal natuurlik wees dat Vrydag n vakansie dag is-ek begin nou net gewoond raak aan die kort wekies,maar dis nou die laaste een in n lang tyd-dan is dit aanhou en deur druk……!!!!!

Verlede donderdag laat diens ek toe mos vir Daisy(dis nou my rooi golfie)by een van my goeie vriende,wat n auto electrician is-behalwe vir dit het hy ook sy eie besigheid,waar hulle karre regmaak en en en-hy werk natuurlik aan sy eie karre ook-wat insluit sy rally kar en oval track kar……Daisy kom terug-tyd vir n test drive-Jislaaik en mense is ek impress met my buddy wat haar so mooi reggemaak het en man dit voel soos n nuwe kar.Tot die duiwel natuurlik besluit het om my holletjie so bietjie met n staal borsel te krap-dis al 7uur en donker-ek ry rustig met daisy rond en the next moment begin sy ruk en poef! dood is sy……Van start wil sy niks weet nie,ek staan in n woonbuurt in die middel van die straat en op my regterkant is n bebosde rivier-nice huh?Al bewerig bel ek vir Michael dis nou my buddy-daar aangekom-ondersoek hy vir Daisy met sy selfoon liggie….en glo dit of nie,maar die petrolpomp het besluit om die gees te gee…….Teen daai tyd toe is my humeurtjie al hoog,ek is bedruk en baie moerig vir ek wetie wie nie……Daisy word toe tot by die huis getou en daar slaap sy toe tot die volgende dag…….Lunchtyd gaan ek en Michael-hy vervang die petrolpomp-check al die ander goedjies one-more-time en daar gaan ek en daisy weer.Sy is nou weer reg en gesond……en my hartjie is bitter bly,want ai daar is net een tjorrie vir my en dis ou daisy…..sy is nou so 11jaar oud,maar ry nog n hond uit n bos uit-en sy het natuurlik n oulike musiek systempie in-(wat meer as daisy gekos het maar dis nou net ons geheim)ja ek weet-glo my dis die moeite werd…..!!!!

Tot sover het die duiwel nog nie weer gekarring nie……maar ja……dis nou oor en verby!!!

Hoop almal het n kick-ass dagie…

P.S. dis piepie koud hier in Windhoek!!!!!

Troedelkies

xxxxxxx

Moerse pragtige stukkie inspirasie…..

Posted in Uncategorized on Mei 16, 2007 by lanaba

Net nadat ek my vorige blog gesave en gepublish het vir die dag,ontvang ek die volgende per epos van n vriendin.

Die pa se oë

As jy in Derde Laan afry, sal heelwat huise jou oog vang, maar daar is veral een wat uitstaan.  Die klein huisie met die pragtige roostuin en die groot populierboom.  Dit is hier waar Theo, ‘n tiener, en sy pa gebly het.  Hulle het alleen daar gebly, want sy ma is jare gelede al oorlede. Almal in die dorp het dié twee se verhouding bewonder en kon nie uitgepraat raak daaroor nie.  Theo se pa het nie een van sy rugbywedstryde misgeloop nie.  Of dit nou mooiweer of stormweer was, jy kon verseker weet, Theo se pa was daar.  Hy was immers sy seun se grootste bewonderaar.  Die ironie was dat Theo nooit in ‘n wedstryd gespeel het nie;  hy was altyd die reserwe. Ná elke wedstryd was sy pa se woorde:  “Miskien speel jy volgende keer.” Dan het sy pa altyd met sy arm om Theo se skouers daar weggestap.

Sonder enige druk van sy pa se kant, het Theo aangehou oefen en het hy altyd sy beste by elke oefening gegee.  Hy het egter deur sy hele hoërskoolloopbaan die reserwebank vol gesit, want – omdat die skool klein was – het hulle net een span in sy ouderdomsgroep gehad.  Maar sy pa het steeds getrou al die wedstryde bygewoon.

Dit was voor een van die laaste wedstryde in sy matriekjaar dat ‘n tragedie Theo tref.  Sy pa is skielik dood.  Dit was vir hom ‘n geweldige groot skok.
Hy het die afrigter gevra of hy nie dié week van die oefeninge verskoon kon word nie.  Die afrigter het vir hom gesê:
“Theo, neem soveel tyd as wat jy wil, want dis ‘n groot verlies wat jou getref het.”

Die Saterdag met die wedstryd daag Theo in sy rugbyklere by die wedstryd op.
Hy gaan staan voor die afrigter en pleit-vra:  “Meneer, kan ek asseblief vandag speel?”  Die afrigter het gevoel dat hy met so ‘n belangrike wedstryd nie kon bekostig om ‘n swak speler in te span nie.
Maar toe besluit hy tog om Theo te laat speel.  Hy het
 geredeneer:  Hoeveel jare lank oefen hy nou al getrou sonder om te speel en boonop is sy pa dood.  Ek sal hom ‘n kans gee. Theo speel fantasties en druk selfs die wendrie.  Na die tyd stap die afrigter na Theo:  “Waar het jy al die tyd hierdie talent gebêre?  Jy was briljant.”  Theo het met trane in sy oë gesê:  “Meneer, my pa is in die hemel.  Meneer weet hy het getrou al die wedstryde bygewoon, al was hy blind.  Wel, vandag was die eerste keer dat hy my kon sien speel.  Ek wou vir hom wys … ek kán speel!” ***

Onthou, ongeag hoe jy nou voel, iemand is trots op jou, dink aan jou, gee om vir jou en is lief vir jou.  God – en al die mense wat lief is vir jou – hou jou in liefde dop! 

En meteens voel stukke beter….

Dankie Marlene

lekke dag vir al my maaikies

troedelkies

xxxxxxx

gatvol…….

Posted in Uncategorized on Mei 16, 2007 by lanaba

Hulle sê altyd as jy hard werk,sal jy die vrugte pluk-Bull-ek het nog niks gepluk nie.Ek is so dikgat vir cheap labour en die feit dat mense niks raak sien nie.Ek meen as ek nou vat my pos by hierdie company,ek werk soos n slaaf-Ek begin reeds 7uur in die oggend,waar ek eintlik is veronderstel is om 8uur te begin werk-ek werk deur my lunch tye en sit baie dae nog na vyf hier.En vat nog admin huistoe ook-lekke huh?En al wie dit raak sien is ek.Die wat dit moet raak sien is so behep met ander kak.O’ja ek het vergeet as jy nie n engineer hier is nie tel jy vokkol-die admin kom mos van self klaar,die data capture hulself,tenders tik hulself…whatever!!!!En dan kry jy nou poepolle soos ek wat mos moer lojaal is.wie se gat mos eers blink gelek moet om huis toe te gaan as die gesondheid knetter,want stupid lana worry oor haar werk en haar kliente en bla bla bla…..En vir wat plein nothing……niemand waardeer niks nie-niemand sê dankie jou drol dat jy jou werk so efficient en deeglik doen en vir al die ure wat jy insit nie….neee!!!!Maar hulle is gou om vra waar is dit het jy al dit wanneer doen jy dit-lana die debiteure lana dit lana dat……dis om enige iemand teen die mure uit te dryf.En ek en my lab mense is mos niks nie-ons sit op die gondvloer aan die agterkant van die company so wie moet nou worry-al die belangrikes sit mos op die 1ste vloer…..hulle is mos die mense…..!!!!!!Ek werk al meer as n jaar vir hierdie company,ek dink nie eens die MD weet waar my kantoor is nie-wat het geword van employer/employee relations….Wat kos dit nou om once in a while te vra lana werk jy nog lekker,is daar enige iets waarmee jy nie tevrede is nie-sulke tipe goed….ons het nooit eens personeel vergarderings nie-hulle is seker te bang vir al die goed wat daar gaan uitkom….As jy gou wil uitglip dokter toe of so iets dan moet jy eers n hele verklaring aflê hoekom jy nie in lunchtyd kan gaan nie….maar die baas gaan kyk sy laaitie se rugby game in die weeksdae sonder verlof en vreet breakfast en doen allerhande private kak….!Watse tipe voorbeeld is dit inelkgeval vir jou werknemers……!!!!Nou die dag toe het ons aan n corporate day deel geneem,die baas stel nie belang nie,volgens hom is n privaat aangeleentheid en watse bollie nog als.Die company baat kamma niks daarby nie…..kan jou glo.

Maar ja ek guess dit gaan maar by baie van ons so……atleast voel ek nou biekie beter na die frustrasie ontlading…

hoop almal het n kick-ass dag

troedelkies

xxxxxxx