Archive for April, 2007

5 dinge wat jy nie van my geweet het nie……

Posted in Uncategorized on April 27, 2007 by lanaba

1.die enigste piercing wat ek het en nog altyd wou gehad het is n tong-stud….!!!!!!

2.ek is n kruising tussen n porra en n kaapenaar…..ongelukkig kan ek nie portugees praat nie……(as jy wil weet hoekom nie vra myself)

3.ek sou graag in die tyd van grease en diry dancing wou gelewe het….

4.bikes,karre en dasse(mansdasse)maak my bene lam……(ja ek n ding met dasse…..)Ek begeer n pienk cadilac…

5.ek het n groot crush op Richard Gere(hiehiehie)

 troedelkies

troedelkies…..

Posted in Uncategorized on April 26, 2007 by lanaba

animal-farm.jpg

Soos almal weet gaan ek so bietjie plaas toe vir n wekie…..my siel eis n bietjie rus en vrede.Hoop almal het n wonderlike langnaweek(die in suid-afrika)en die res sommer net n wicked naweek….mag volgende week klomp verassings inhou en min stres….Ek sal terug wees die 8ste Mei….

baie liefde en groete….

P.S go big or go home

troedelkies

xxxxxx

Take care!!!!!

Strandlopertjie…….

Posted in Uncategorized on April 25, 2007 by lanaba

n Storie wat my baie na aan die hart lê-elke keer as die lewe n bietjie druk-gaan ek terug en lees dit weer…….

Die Strandlopertjie

Die verhaaltjie van die Strandlopertjie doen al geruime tyd die rondtes op die Internet, en toe Francois Graaff dit die annerdag weer vir my stuur, toe weet ek dat hierdie juweeltjie net eenvoudig vertaal móét word. Die skrywer is Robert Peterson. Hy skryf:  Sy was maar ‘n skamele 6 jaar oud toe ek haar vir die eerste keer ontmoet het. Ek ry gewoonlik die 4 kilometer af strand toe elke keer as ek voel dat die wêreld vir my te klein begin word. Sy was besig om ‘n sandkasteel of iets te bou, en toe sy opkyk, kyk ek in die pragtigste blou ogies, so blou soos die see self. “Hallo”, sê sy. Ek antwoord met ‘n knik van die kop, nou nie juis in ‘n bui om te bodder met ‘n klein dogtertjie nie. “Ek bou”, sê sy. “Ja, so sien ek. Wat bou jy?” Ek gee nou nie juis om wat sy bou nie….. “Aag ek weet nie, ek voel maar net lus om in die sand te speel.” Die idee trek my nogal aan, en ek trek my skoene uit. ‘n Strandlopertjie sweef verby. “Dis ‘n vreugde”, sê sy. “Dis ‘n wat?” “‘n Vreugde. Mamma sê dat ‘n strandlopertjie vir ‘n mens vreugde bring.” Die strandlopertjie verdwyn oor die duin. “Koebaai vreugde”, mompel ek vir myself, “Hallo pyn!” Ek draai om om te loop. Depressie het aan my geknaag – my lewe was ‘n gemors. “Wat is jou naam?” Hierdie dogtertjie gaan nie maklik tou opgooi nie. “Robert”, sê ek, “Robert Peterson.” “Ek’s Wendy ….. ek is ses.” “Hallo Wendy” Sy giggel. “Jy’s snaaks”, sê sy. Ek lag, ten spyte van die donker wolk wat oor my gemoed hang, en ek stap aan. Haar klokhelder giggel-laggie volg my. “Kom weer meneer P”, skree sy, “kom sodat ons nog ‘n gelukkige dag
kan hê!”
Na ‘n paar dae van onbeheerbare Boy Scouts, frustrerende vergaderings en ‘n ou kranklike moeder, het die son een oggend so vrolik geskyn dat ek die skottelgoedwater van my hande afgeskud het , en toe sê ek vir myself: “Robert, jy het ‘n strandlopertjie nodig.” Die heerlike sout seelug wag vir my, en ek gryp my jas. Die windjie is ysig, maar ek stap aan en probeer die rustigheid van die strand indrink, daardie rustigheid wat ek so bitter nodig het. “Hallo meneer P,” roep sy my, “wil jy kom speel?” “Wat het jy in gedagte?” Ek voel half vies vir hierdie inbreuk op my gedagtes. “Aag, ek weet nie….. wat dink jy?” “Wat van kennetjie?” vra ek half sarkasties. Haar klokhelder laggie weerklink oor die strand. “Ek ken nie daai speletjie nie.” “Nou maar dan loop ons maar sommer.” Ek kyk af na die lewendige klein figuurtjie, en ek
kan nie help om die delikate bleek gesiggie raak te sien nie. “Waar bly jy?”
“Daar annerkant”, sê sy, en sy beduie in die rigting van ‘n paar somerhuisies. Dis baie snaaks, dink ek.
Om in die winter in somerhuisies te kom bly…. “En waar gaan jy skool?”
“Ek gaan nie skool toe nie – Mamma sê ons is met vakansie.” Sy babbel aanmekaar terwyl ons met die strand afstap, maar my gedagtes is baie vêr weg. As ek later huistoe ry, sê Wendy vir my dat dit ‘n baie lekker dag was. Ek glimlag vir haar – snaaks genoeg voel ek ook sommer baie beter. Drie weke later jaag ek af na my strand toe. Dinge het nou net te veel vir my geraak, en ek is nie in ‘n bui om eers vir Wendy te groet nie. Ek sien iemand op die somerhuisie se stoep sit – seker Wendy se ma – en ek voel asof ek vir haar wil skree: “Hou jou dogtertjie asseblief vandag tuis!” Ek stap gejaag, maar Wendy haal my in. “Asseblief, nie vandag nie!”, snou ek haar toe, “Ek wil vandag alleen wees!” Sy lyk vandag onnatuurlik bleek en uitasem. “Hoekom?” vra sy. Ek gaan staan, draai om na haar toe en skree: “Want my ma is dood!” En skielik wonder ek waarom ek dit vir hierdie kind vertel. “O”, sê sy saggies, “dan is dit ‘n slegte dag.” “Ja”, sê ek, “én gister, én eergister, en … aag gaan tog net weg!” “Was dit seer?” sy
kan net nie ophou nie.
“Was wát seer?” ek is moedeloos, met die dogtertjie en met myself. “Toe sy dood is?” “Natuurlik was dit seer!” kap ek terug, sonder om die bedoeling agter haar vraag te verstaan. Ek draai om en stap haastig weg, versonke in my eie seer gedagtes. ‘n Maand of wat later, toe ek weer op die strand kom, was sy nie daar nie. Ek voel skuldig en skaam oor my gedrag, en ….. ek het haar nogal gemis. Ek stap na die strandhuisie toe en klop aan die deur. ‘n Vrou maak oop. “Ek is Robert Peterson”, sê ek, “ek mis jou dogtertjie só vandag, en ek het net gewonder waar sy is.” “O ja, meneer Peterson, kom in asseblief. Wendy het so baie van jou gepraat. Ek is so jammer dat ek toegelaat het dat sy jou pla. As sy ‘n oorlas was – dan vra ek om verskoning” “Aag nee wat, sy is so ‘n borrelende klein dogtertjie.” En skielik besef ek dat ek werklik bedoel wat ek sê. “Wendy is verlede week dood, meneer Peterson. Sy het bloedkanker gehad – het sy jou nie gesê nie?” Skielik draai die wêreld om my, en ek gryp haastig vir ‘n stoel. Ek is sprakeloos. “Sy was so lief vir hierdie strand, en toe sy vra dat ons hierheen kom, toe kon ek nie nee sê nie. Sy het soveel beter hier gelyk, en hier het sy baie gelukkige dae gehad. Maar die laaste paar weke het sy baie vinnig agteruit gegaan.” Haar stem bewe. “Sy het iets vir jou gelos ….. as ek dit net
kan opspoor. Sal jy omgee om ‘n bietjie te wag – ek soek dit net gou?”
Ek knik my kop – ek soek vir woorde – maar hulle ontbreek. Wat sê ek vir hierdie pragtige jong vrou? Sy gee vir my ‘n vuil koevert met “MR. P” op geskryf in groot kinderletters. Binne is ‘n tekening in helder kleure – ‘n geel strand; ‘n blou see en ‘n bruin voël, en onderaan die woorde: “A SANDPIPER TO BRING YOU JOYEk
kan die trane nie keer nie, en hierdie klip-hart van my wat lankal vergeet het wat dit is om lief te hê, raak week. Ek neem Wendy se ma in my arms: “Ek is so jammer, so bitter, bitter jammer”, is al wat ek
kan uitkry, oor en oor, en saam huil ons.
Daardie kosbare prentjie is geraam, en hang in my studeerkamer. Ses woorde – een vir elke jaar van haar kort lewetjie – sê vir my van harmonie, dapperheid en ‘n onvoorwaardelike liefde. ‘n Geskenk van ‘n dogtertjie met see-blou oë en hare die kleur van die seesand – sy het my geleer van die geskenk van ware liefde.  Hierdie ware verhaal is opgeteken deur Robert Peterson. Dit het meer as 20 jaar gelede afgespeel, en hierdie insident het sy lewe onherroeplik verander. Ons
kan hieruit leer dat ons tyd moet maak om die lewe te geniet, en tyd moet maak vir mekaar.
Die lewe is so gekompliseerd – die gejaag en elke dag se probleme en traumas
kan maak dat jy fokus verloor van die dinge wat rêrag saakmaak.
Gaan gee vir die mense in jou lewe waarvoor jy lief is vandag ‘n ekstra drukkie, net om te sê dat jy omgee en vir hulle lief is. En gaan stap ‘n draai in die tuin, en ruik aan die blomme. Drink die skeppingswonder van God in, en gee aan Hom die eer. Wendy het nie maar toevallig op Robert se pad gekom nie – daar is nie so ‘n ding soos toeval nie. Sy was daar met ‘n doel. So bring die Here dinge op ons pad met ‘n doel – soms is dit nie lekker nie, maar sien die hand van God daarin, en dank Hom daarvoor. Ek bid vir jou ‘n Strandlopertjie-dag toe.

Why worry……..

Posted in Uncategorized on April 24, 2007 by lanaba

why_worry.jpg

Die verskil tussen ‘n Maklike Meisie en ‘n Geil Griet

Posted in Uncategorized on April 23, 2007 by lanaba

Zola skei oor ander vrou. Toe ek nou die oggend die woorde op die plakkaat teen ‘n telefoonpaal lees, kry ek so ‘n naar kol op die maag. En besluit net daar, my volgende rubriek is opgedra aan Lettie Slettie. Of wat jy haar ook al wil noem, Viagara, Geil Griet of Mustang Mandy.

Daai soort vrou wat nie die verskil ken tussen ‘n ander vrou se man en haar eie komkommer nie. Wat dink flankeer is ‘n Olimpiese sportsoort en hormone is ‘n boek in die Ou Testament. Daai soort vrou wat ‘n wewenaar se trane op sy vrou se begrafnis met haar bra-strap sal afdroog. Daai soort vrou wat, so sê ‘n vriendin se ma, iets afgee wat mans soos vlieë na ‘n miskoek lok. Tot die dood ons skei, beteken lankal nie meer tot die dood ons skei nie. Huwelike en verhoudings kom tot ‘n einde. Mense groei uitmekaar, soms was hulle nooit werklik vir mekaar bedoel nie en soms verkrummel die troukoek, want die bakpoeier is af. Dit verg ‘n ysere wil en vernuftige lapwerk om ‘n huis staande te hou as die fondamente begin kraak. En soms is dit doodeenvoudig, hoe pynlik ook al, nie die poging werd nie. Maar dit beteken nie jy het die hulp nodig van Lustige Lottie en haar stootskraper nie. Sy kom in vele gedaantes. Soms mooi, maar nie noodwendig nie. Soms sexy, maar nie noodwendig nie. Soms slinks, maar nie noodwendig nie. Maar dikwels, tog so weerloos. En altyd op die uitkyk vir ‘n lewensredder. Moet haar nie verwar met ‘n Maklike Meisie nie. Daar is ‘n groot verskil. Die MM is nie uitsoekerig nie. Sy hou eenvoudig van pata-pata of sê moeilik nee. Of albei. Maar ‘n Geil Griet kies haar prooi met oorleg. Vir haar gaan dit om te verower, en beter nog, af te rokkel. ‘n Lustige Lottie het genadiglik nog nooit in my slaai gekrap nie. Of wag, daar was een. Maar sy het hom eerste by sy oorspronklike slaai afgevry, verveeld geraak en toe hy my slaai word, besluit sy wil haar ou slaai terughê. Die twee is toe in die eg verbind, maar, is dit nie hartseer nie, intussen weer geskei. Wys jou net, vegetariërs is nooit versadig nie. Hulle sê all is fair in love and war, maar vir hierdie soort vrou is die oorlog nooit verby nie. Sy soek voortdurend bevestiging van haar aanloklikheid. By ‘n restaurant flankeer sy met die kelner, op ‘n troue annekseer sy die strooijonker (die bruidegom moet darem eers van sy wittebrood af terugkeer), by die Kerstafel koer sy vir die kalkoen as daar niemand anders is nie. In wese, vermoed ek, is sy bitter onseker van haarself. En voel sy eintlik net waardig wanneer sy die hele rugbyspan, insluitende die reserwes, om haar sensuele Pinkie
kan draai. Vir Marilyn Monroe was niks minder as die Amerikaanse president genoeg nie. Angelina Jolie is dalk ‘n vreeslike gawe meisie met ‘n pragtige persoonlikheid, maar as jy my vra, en as jy my nie wil glo nie
kan jy vir Jennifer Aniston vra, is sy ‘n teksboek GG (Geil Griet). Nou skielik die moeder Teresa van Hollywood wat onlangs nog haar eksman se bloed in ‘n ampule om haar nek gedra het. Madam Nemo-lippe wil geboorte skenk in ‘n Derdewêreldland. Haai tog. Hoekom kraam sy nie liewer by die Cedars-Sinai-hospitaal in
Los Angeles en skenk die 1,7 miljoen wat sy aan verblyf betaal en die miljoen of drie wat vir brandstof, mineraalwater en gekerfde kameelperde aangewend word, aan die welsyn in Namibië nie? Hmmmm? Want Jolie, en vroue soos sy, is verslaaf aan en afhanklik van, aandag. Wanneer die skugter glimlag, die neergeslane ogies of die streelstemmetjie nie genoeg is nie, begin sy messe versamel en wil kraam op die maan. ‘n GG sal natuurlik nooit erken dat sy ‘n GG is nie. Inteendeel, sy
kan nie verstáán hoekom ander vroue haar verpes nie. Soos die karakter Edie in Desperate Housewives nie
kan begryp hoekom haar buurvrouens in
Wisteria Lane haar nie nooi om saam brug te speel nie. Sy dink hulle is jaloers op haar. Ons vroumense is ‘n snaaksse spesie. Ons kyk na mekaar, beny die een haar mooi bene, die ander haar hoë wangbene of netjiese paar 34C’s. En soms, ja, loer die groenoogmonster oor jou skouer. Maar meesal gun ons mekaar die kwaliteite wat van ons elkeen ‘n unieke sensuele wese maak. Ons hou net nie van vroue wat nie weet wanneer om die boonste knopie vas te maak nie. Nou moet ons net vir Zola uit haar donker dieptes oplig.
Om mee te begin, Zola, ‘n paar highlights en ‘n blertsie lipstiffie het niemand nog kwaad gedoen nie. En as jy die kinders soggens by die skool gaan aflaai, los liewer die sweetpakbroek by die huis en wikkel daai mooi lyfie van jou in ‘n fleurige rompie. Gaan hou vakansie op ‘n eksotiese plek, drink Margarita’s tot jy omval en kry ‘n oraloor-sonbrand. En voor jy
kan sê Pinkie, staan Mike weer leepoog by die voordeur. En dan, Zola, sê jy vir hom, cry me a river, cupcake. Dan gooi jy hom met ‘n ou têkkie. 

hoop julle het die geniet-ek het baie!!!!

troedels

Hartseer…….

Posted in Uncategorized on April 23, 2007 by lanaba

hier sit ek vanoggend – en dink baie diep….eintlik sit ek met hierdie verskriklike hartseer in my…in my vorige blog het ek geskryf van n kollega en vriend van my wat skielik sy vrou verloor het…..ons was vrydag by die begrafnis en dit was n bitter pil om te sluk…n mens voel so hulpeloos,al wat n mens regtig kan doen is om daai persoon te ondersteun en te bid….gisteroggend vroeg ontvang ek n oproep van my beste vriendin en kollega-haar pa is saterdagaand skielik dood….hy het op een of ander manier by die trappe afgeval en is op slag dood…..die vraag wat deur almal se gedates gaan is HOEKOM…..my hart is so bitter bitter seer vir haar….sy het vrydag na ons kollega se vrou se begrafnis verskriklik gehuil die hele dag…n mens kan seker sê die vrou se dood het n verskriklike uitwerking op haar gehad en wragtig saterdag gebeur die selfde tragedie met hulle…..daar is so baie vrae wat n mens het en soveel hartseer om te verwerk….dis iets wat n mens nie vir iemand anders kan beskryf nie….iemand wat al deur so iets is-verstaan dit beter as ander…elke mens hanteer so trauma op hulle eie manier…..ek glo met geloof kom n mens daar deur….ek onthou destyds toe ek my geliefde so verloor het….ek was n heel ander mens as wat ek vandag is…..dis n hoofstuk in my lewe wat ek heeltemal uitgevee het…ek wil nie daai lana onthou nie…..die seer was so verskriklik..ek glo nou nog dis net met die Here se genade dat ek dit gemaak het…..my pa se dood was anders…ek kan dit glad nie onthou nie…ek was te klein gewees….daar is so baie dinge wat in tye soos die deur n mens se kop gaan…ek is elke dag al hoe meer dankbaar vir elke klein dingetjie wat ek het….en vir die mense in my lewe,vriende en familie……n mens weet of besef nooit wat jy regtig het..totdat jy dit verloor …..gister toe ek daar by haar was dink ek by myself-ek weet nie of ek weer deur so iets sal kan gaan nie….maar daar sal n tyd kom…..en dan moet n mens glo en bid….dis soos n ander vrou gister sê n mens dink baie keer-dit gebeur mos net met ander mense..totdat dit met jou gebeur dan is dit n ander storie….die regtige seer kom eers later wanneer n mens regtig besef die persoon is vir ewig weg………

Ek wil net vandag sê waardeer almal en alles rondom jou….straal al die liefde wat jy in jou het uit teenoor jou medemens en veral jou naastes…n mens weet nie wanneer jou nommer getrek word nie……Lewe elke dag asof dit jou laaste is…..as jy op hierdie staduim van jou lewe enige vyande het…..vergewe hulle-maak dinge reg voor dit te laat is….

ek sluit my blog af met hartseer,trane en liefde

troedels

Perfect……

Posted in Uncategorized on April 18, 2007 by lanaba

tag1092.jpg

In my kop……………..

Posted in Uncategorized on April 18, 2007 by lanaba

Ek wonder die laaste tyd baie….okay ons almal wonder en dink elke dag..maar die laatse 6 dae-dink ek constantly aan die woorde van die liedjie chasing cars gesing deur snow patrol….dit speel oor en oor in my kop….al hoor ek dit nie op die radio nie…dis in my kop……bygesê daar het die laaste 6 dae nogal baie dinge gebeur…..my gesond is nie wat dit moet wees nie….ek het n huge migraine aanval gehad en is nou op medikasie soos n ou tannie…..elke dag n pilletjie of twee wat geneem moet word en om als te kroon moet ek n spesialis gaan sien…want iewers is iets fout met my sinusse….(vir die rekord ek het nog nooit sinus probleme gehad nie-net migraines nou en dan)anyway…..n goeie vriend van my het maandagaand skielik sy vrou in motor ongeluk verloor….sy laat hom en twee seuns 10 en 12 agter….die ergste van als is hy het so jaar terug net net by die dood omgedraai nadat inbrekers hom in sy maag geskiet het…hy het maande in ICU gespend…..en julle sal my nie glo nie-net gister is daar nog n outjie(22) dood op presies die selfde plek as daai vrou….sy het maandag in die reen beheer verloor en in die brugpilaar vasgery,hy het n gister vir n vrou uitgeswaai(let wel wat gedrentel het oor n freeway-DUH!!!!)en hy is ook in die selfde brugpilaar vas….op slag dood….ek was gister by die vriend van my en daar kry ek hom op sy rusbank-sakdoekie in die hand-en sê nou moet sy kindertjies sonder n ma groot word en hoe gaan hy sonder haar lewe….hy was onsaglik baie lief vir haar-hulle altwee was…nou die dag is n ander vriend van my se ma koelbloedig in haar huis vermoor…..en haar 9jarige dogterjie het op die toneel afgekom….my hart bloei vir daai families-ek weet hoe dit voel ek het ook my pa verloor toe ek klein was en iemand waarvoor ek baie lief was….was probably my trou man….maar dinge het verander….iets anders wat my baie pla is die feit dat ek nou al in n kwessie van n jaar 6 keer gedroom het my verloofde “skop die emmer”hetsy in n motor ongeluk of n skiet ongeluk…elke keer wat ek gedroom het was dit nog in n skiet ongeluk……!!!n mens wonder net soms oor die tipe dinge…..ek het nog altyd van kleintyd af baie nagmerries gekry…maar hierdie is bietjie weird…..ek het al gehoor hulle sê as jy droom van dood-word daar nuwe lewe geskenk en ek weet op die oomblik van 6 mense wat swanger is waarvan een my suster is…..die ander is as jy droom van n begrafnis-gaan daar getrou word…ek weet van vier troues hierdie jaar behalwe my eie wat in september is…….(klomp vraagtekens op my gesig)…….en dis waarmee ek my blog afsluit vandag…my brein is besig om oortyd te werk…

lekker dag

troedels

xxxxx

Dragonboats…..

Posted in Uncategorized on April 16, 2007 by lanaba

14-april-07-007.jpg

ons het toe mos die naweek n corporate dragonboat racing day gehad…….ek het gedink dit gaan baie dull wees aangesien ons company vir die eerste keer ingeskryf het….ons het almal gereken ons gaan nie ver kom nie…want al die ander spanne is al pro’s met die ding…so het ons toe daar aangekom en die hele besigheid bekyk..al die companies het teamspirit en hulle gaan net lekker mal…sommiges het sommer al half agt die oggend begin met n tafel(bier)anyway…ons klompie voel soos n klomp weeskinders…maar ons is nou hier…maak maar die beste daarvan….na ons vierde race lê ons toe 2de…..uit 18 spanne…impressive vir beginners……inelkgeval so het die dag toe verloop op die ou einde het iets gebeur ek weet nou nog nie wat nie…maar ons het toe overall vierde plek gevat….

Dit was baie lekker….ons sal probably volgende jaar weer inskryf…..my arms is nog seer maar dis seker deel van die pret……

dis eers al vir nou…….

troedels

iets om oor na te dink…..

Posted in Uncategorized on April 11, 2007 by lanaba

041015_papillon.gif 

 

As ek geweet het dis die laaste keer 

dat ek jou aan die slaap sou sien raak, 

sou ek meer moeite gedoen het 

om jou warm toe te maak. 

As ek geweet het dis die laaste keer 

wat ek jou by die deur sien uitloop, 

sou ek jou gedruk en gesoen het - 

en jou teruggeroep het vir nog ‘n drukkie. 

As ek geweet het dis die laaste keer 

dat ek jou stem sou hoor, 

sou ek dit op band op geneem 

het sodat ek dit weer en weer kon speel. 

Ons leef so asof daar nog baie tyd oor is om alles te doen wat ons 

graag wil  … Maar sê nou vandag was die laaste
kans ..? 

Die Bybel sê: 

” ons is maar ‘n damp wat ‘n oomblik verskyn en sommer weer verdwyn. “ 

Kom ons maak vandag tyd om te sê: 

‘Ek is jammer’ of ‘dankie’ of ‘ek waardeer jou’! 

As môre dalk nie daar is nie, kom ons leef vandag voluit! 

Waardeer vandag die mense rondom jou. 

Hou vandag jou dierbares styf vas en fluister in 

sy/haar oor: Jy is spesiaal – ek is lief vir jou! 

 

 

MAAK VANDAG DIE BESTE GEBRUIK VAN ELKE GELEENTHEID WAT OOR JOU PAD KOM 

MY LIEWE VRIENDE, JULLE IS VIR MY BAIE DIERBAAR EN KOSBAAR. 

EK
KAN NIE GENOEG DANKIE Sê VIR ELKEEN VAN JULLE WAT MY PAD GEKRUIS 

EN ‘N VERSKIL IN MY LEWE GEMAAK HET NIE. EK IS GESEëND!